Woordwaarheid – Children’s books


Barrett, Ethel – Die man wat nie gestuit kan word nie: John Welsch

ISBN: 978-0-958475-27-3

A5, 98p.R65

John Welch kon net nie gestuit word nie. As jong seun was hy onafhanklik, eiesinnig en het planne van sy eie gehad. Dit het in trane ge-eindig toe hy weggehardloop het van sy pa af, onder ‘n bende rowers verval het en begin steel en roof het. Dit het gelyk asof hy hierdie lewe verkies het, en niemand en niks kon hom stuit nie.

Maar toe ontmoet hy die Here.

 

 

 

 


Bingham, Derick – Die Storieman: CS Lewis

ISBN: 978-1-920527-05-1

A5, 94p. R65

Avonture in ander wêrelde en geheimenisvolle stories – dit het die jong Clive Staples Lewis gefassineer. Hoewel hy nog maar ‘n klein seuntjie was, kon hy vir ure lank stories sit en uitdink van diere wat lewendig geword het en soos mense gelewe en gepraat het. Sy skoolloopbaan was nie met rose besaai nie, maar hy het groot geword om die wêreld se bekende skrywer, C.S. Lewis te word – hoewel hyself verkies het om as Jack bekend te staan.

 

 

 

Bingham, Derick – Die vryheidsvegter: William Wilberforce

ISBN: 978-1-920290-77-1

A5, 86p. R65

“Nee! Nee! Asseblief nie!” het die klein seuntjie gehuil. “Ek wil asseblief by my mamma bly.” “Bly stil!” het die man geskree en sy ma hardhandig van hom af weggepluk. Sy is na ‘n platform toe geneem en dadelik te koop aangebied. Met ‘n gebroke hard was die ma vir die res van haar lewe van haar seuntjie geskei…

Dit was die lot van duisende vroue en kinders vóór die afskaffing van slawerny. Onder die baie mense wat die stryd aangeknoop het om vryheid en verlossing van die gruwelikhede van die slawehandel teweeg te bring, was daar één man wat uitgestaan het, al het dit hom vyf-en-veertig jaar geneem.

 


Boekestein, William – Die hervorming in Switserland: Ulrich Zwingli

ISBN: 978-1-928327-09-7

A5, 107p. R65

‘n Klein seuntjie is in 1484 in ‘n klein Switserse dorpie in die Alpe gebore. Teen die einde van sy kort lewe, het Ulrich Zwingli die godsdienstige lewe van sy tuisland en die wêreld verander. Vandag nog oefen sy lewe en werke ‘n invloed op talle mense uit. Zwingli was passievol oor die Bybel. Hy was ‘n man van gebed. Sy geloof het elke deel van sy lewe beïnvloed: sy gesin, kuns, musiek, die politiek en oorlogvoering.

 

 

 

 


Catherwood, Christopher – Van Wallis tot Westminster: Martyn Lloyd-Jones

ISBN: 978-0-958475-28-0

A5, 122p. R65

“Vuur, vuur!” – die benoude geskreeu het deur die strate van ‘n klein Walliese dorpie weergalm. Bure het desperate pogings aangewend om vuurblussers gereed te kry, terwyl die Lloyd-Jones gesin vas aan die slaap was, salig onbewus daarvan dat hulle huis besig was om af te brand. Martyn, wat maar tien jaar oud was, was snoesig in sy warm bed, maar sy lewe was in gevaar. Wat het van Martyn geword? Hoe het die vuur hom en sy gesin geraak? Het alles op die ou end maar weer reggekom?

 

 

 


Cosby, Brian H. –  ‘n Hart vir verlorenes: David Brainerd

ISBN: 978-1-920290-30-6

A5, 130p. R65

Die lewe op die Amerikaanse voorposte in die vroeë 1700’s was baie moeilik: daar was die voortdurende bedreiging van siektes, aanvalle deur Indiane en die bitter koue winters. Die Engelse en die plaaslike Indiane het langs mekaar gewoon, end it het dikwels tot skermutselings gelei. David Brainerd was egter ‘n vreeslose sendeling wat met ‘n hart van liefde na ‘n hele aantal Indiaanse stamme in Amerika uitgereik het. Hy het te perd deur riviere, oor berge en deur dorpe gereis om die Evangelie van die Here Jesus aan verlorenes, lydendes en gebrokenes te bring.

 

 

 

Cosby, Brian H. – Die reis van ‘n pelgrim: John Bunyan

ISBN: 978-1-928261-85-8

A5, 137p. R65

John Bunyan het ‘n opwindende lewe gelei. Hy het die sekuriteit van sy pa se werkswinkel verlaat om aan te sluit by die Parlementêre magte wat teen koning Charles geveg het. Maar mettertyd het die opwinding plek gemaak vir ‘n verlange na iets meer. In die hitte van die stryd het ‘n vriend vir John gevra of hy “ware geloof” het. Vir die eerste keer het John Bunyan gehoor dat die enigste manier om in die hemel te kom, is deur in Jesus Christus en Sy offer aan die kruis te glo.

 

 

 


George, Christian Timothy – Die prediker versot op spinnekoppe: Jonathan Edwards

ISBN: 978-1-920290-47-4

A5, 95p. R65

Hoewel Jonathan Edwards net soos enige ander Amerikaanse seuntjie was, was hy tog ook anders. Die land waarin hy gelewe het, is nie die Amerika van vandag nie, maar was ‘n nuwe wêreld vol avontuur en geleenthede. Veldslae en tomahawks was maar net sommige van die opwindende avonture waarin sy gesin gedeel het. Maar Jonathan was ook versot op die klein dingetjies in die lewe. In ‘n tyd van wetenskaplike ontdekkings, het Edwards die heerlikheid van die Here op die mees volmaakte wyse weerspieël gesien in die natuur. Sy dagboeke is gevul met sketse van plante, diere en spinnekoppe. Hy het besef dat elkeen van hulle die skeppende vermoë van die Skepper getoon het.

 

 

George, Christian Timothy – Die prins van predikers: Charles Spurgeon

ISBN: 978-1-920527-19-8

A5, 97p. R65

Charles Spurgeon was ‘n eenvoudige plattelandse seun, wat as een van die mees gevierde predikers ooit, bekendheid verwerf het in Londen, Europa en die wêreld. Toe hy in ‘n sneeustorm vasgevang was, het hy by die agterste bank van ‘n klein stowwerige, platelandse kerkie ingesluip. Hy het nie ‘n benul daarvan gehad dat, terwyl hy die yskoue temperatuur buite ontvlug het, hy voor die belangrikste besluit van sy hele lewe te staan souk om nie.

 

 

 

 


Grant, Myrna R. – Geen berg te hoog nie: Gladys Aylward

ISBN: 978-0-981413-31-0

A5, 101p. R65

Hou jy van verhale waarin daar avontuur, misterie en opwinding is? Gladys se lewe het genoeg avontuur, massas misterie en amper te veel opwinding gehad! Daar is nie baie sendelinge van wie se lewe ‘n fliek gemaak is nie! Nie baie sendelinge was spioene nie! Nie baie sendelige het 100 kinders uit ‘n oorlog-geteisterde gebied gered nie! Gladys het aldrie gedoen!

 

 

 

 


Howat, Irene – 10 Dogters wat enduit volgehou het

ISBN: 978-0-620353-30-9

A5, 98p. R65

Hierdie tien dogters het grootgeword om vroue te wees wat enduit volgehou het. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklikste pad nie. Blandina het ‘n Christen geword, en toe ‘n martelaar. Perpetua het haar babatjie afgegee voor sy in die amfiteater gesterf het. Lady Jane Grey het gedoen soos wat sy bevel is, maar wou nie die Here Jesus verloën nie. Anne Askew het haar huis verloor, maar nooit haar geloof nie. Lysken Dirks het haar man baie liefgehad, maar sy het Jesus bo alles liefgehad. Marion Harvey het Christus ontdek, en hom tot die dood toe gevolg. Margaret Wilson was ‘n voortvlugtige vir Jesus, maar het enduit vir die Here opgestaan. Judith Weinberg het die Here liefgehad, al het dit haar lewe gekos. Betty Stam het gevaar in die oë gekyk en vir Jesus gelewe. Esther John het haar lewe vir Jesus gegee en vir hom gesterf.

 

Howat, Irene – 10 Dogters wat geskiedenis gemaak het

ISBN: 978-0-958475-26-1

A5, 108p. R65

Sal jy daarvan hou om jou wêreld te verander? Hierdie tien dogters het grootgeword en presies dit gedoen! Vind uit hoe Mary Jane gebid het en jong dames gehelp het; Emma het astronomie bestudeer en ‘n lektor in Bybelkunde geword; Florence het ‘n verpleegster geword en het ‘n nuttige lewe gelei; Lottie het min gedink van sendelinge, en tog self een geword; Ida het van plan verander en toe vir Indië verander; Henrietta het groot gedroom en boeke geskryf; Bessie het ‘n sendeling geword in ‘n karavaan wat deur ‘n perd getrek is; Betty het in die Tweede Wêreldoorlog vliegtuie gevlieg; Elisabeth se man is vermoor, maar sy het sy moordenaars vergewe en Jeanette het ‘n Christen geword en vir haar eie mense van die enigste ware God vertel.

 

Howat, Irene – 10 Dogters wat met hul talente gewoeker het

ISBN: 978-0-958475-20-2

A5, 98p. R65

Hierdie tien dogters het grootgeword om suksesvolle vroue te wees. Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle veral gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik. Helen het haar vaardighede as dokter gebruik om die waarheid van die Here Jesus na Afrika toe te bring; Maureen het geleer om ‘n bus te bestuur en hawelose mense versorg; Annie het haar tegniese kennis gebruik om vliegtuie in die lug te ou; Harriet het ‘n boek geskryf wat die samelewing verander het; Sarah het haar man in staat gestel om ‘n volk te verander; Selina se invloed en wysheid het mense wat vervolg is, gehelp en die kerk bewaar; Mildred het haar avontuurgees gebruik om die Here se Woord te versprei; Katie Ann se deernis het die lewens van babatjies gespaar; Patricia het Christelike stories vir baie kinders geskryf en Mildred het bewys dat gestremdheid nie ‘n verhindering is om na ander om te sien nie.

 

Howat, Irene – 10 Dogters wat ‘n verskil gemaak het

ISBN: 978-0-958475-24-5

A5, 88p. R65

Dit is wat hierdie tien dogters gedoen het toe hulle groot geword het – Susannah se kinders het hulle land verander; Monika se seun het die kerk verander; Ann se romanse het Burma van die liefde van Jesus vertel; Edith is gebruik om ‘n continent te verander; Katharina het uit verdrukking ontsnap en haar wêreld verander; Susannah het na ‘n prediker geluister en self die Evangelie gepubliseer; Bethan het ‘n dokter ontmoet en toe gehelp om mense se siele heel te maak; Maria het haar ouers verloor, maar Sjina gevind; Sabina is in die trunk gegooi vir haar geloof, maar toe geveg om ander Christene te bevry; Ruth het haar lewe in Sjina begin, maar die here het haar uiteindelik om die wêreld geneem met Sy boodskap.

 

 

Howat, Irene – 10 Dogters wat die wêreld verander het

ISBN: 978-0-958475-22-9

A5, 85p. R65

Hierdie tien dogters het! Lees hierdie boek en vind uit hoe Corrie lewens gered het en Jesus liefgehad het; Mary babatjies gered het en sondes bestry het; Gladys het 100 kinders beveilig het en die Here vertrou het; Joni oorlewe het en die Here gedank het; Amy nooit moed opgegee het nie; Isobel vir ander van Jesus geleer het; Evelyn die Here gehoorsaam het; Jackie liefde bewys het; Elizabeth die Here gevolg het en die reg aan haar kant gekry het en Catherine haar moue opgerom het om hawelose mense te help.

 

]

Howat, Irene – 10 Seuns wat enduit volgehou het

ISBN: 978-0-620353-29-5

A5, 96p. R65

Hierdie tien seuns het grootgeword en enduit volgehou. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklikste pad nie. Polikarpus was ‘n slaaf maar het sy Vryheid prysgegee ter will van die Here Jesus. Alban was in gevaar maar het nie voor vals gode gebuig nie. John Oldcastle se huis was ‘n wegkruipplek, maar hy het nie sy geloof weggesteek nie. Cranmer was bang vir die dood, maar het tog later gewys dat hy dapper was. George Wishart was in die trunk, maar het Jesus verkondig. James Chalmers het ten spite van die gevare die Bybel vir mensvreters gebring. Dietrich Bonhoeffer het die dood gevrees, maar wou nie stilbly nie. Nate Saint het na die gevaar toe gevlieg, maar geweet dit is die moeite werd. Ivan Moiseyev het die weermag gehoorsaam maar God eerste geplaas. Graham Staines het siek mense gehelp, maar is gedood omdat hy Jesus liefgehad het…

 

 

Howat, Irene – 10 Seuns wat geskiedenis gemaak het

ISBN: 978-0-958475-25-9

A5, 132p. R65

Sal jy daarvan hou om jou wêreld te verander? Hierdie tien seuns het grootgeword en presies dit gedoen! Vind uit hoe Samuel vir mense gewys het dat liefde beter werk as vrees; John het vriende gemaak met magtige regeerders en nederige ambagsmense; Jonathan het die Rooi Indiane gehelp en later ‘n professor by Princeton geword; George het vir duisende mense oor Verlossing gepreek, en baie gedoen om kinders te red; Robert het sy broer verloor, maar die Here gevind; Dwight het skoene verkoop en toe vir kinders in ‘n karavaan geleer; Billy was eers ‘n professionele sportman en toe ‘n Evangelieprediker; Charles het in ‘n sneeustorm tot bekering gekom en toe vir die wêreld van Jesus vertel; Aiden het hanslammertjies gered, en daarna het die Here Jesus hom gered; Martyn het ‘n dokter geword, en toe ‘n beter medisyne vir mense se siele gevind.

 

Howat, Irene – 10 Seuns wat met hul talente gewoeker het

ISBN: 978-0-958475-29-6

A5, 98p. R65

Hierdie tien seuns het grootgeword om suksesvolle mans te wees. Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle veral gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik. Paul Brand het sy mediese kennis na verre lande geneem om hoop te bring vir siektes; Ghillean Prance se liefde vir die natuur het hom na Kew Gardens gelei, waar die skepping vandag nog bestudeer word; C.S. Lewis het die deur na Narnia geopen, en vir baie mense die deur tot geloof; C.T. Studd het uitgeblink op die krieketveld en die sendingveld; Wilfred Grenfell was ‘n ywerige ontdekkingsreisiger in Antarktika; J.S. Bach se musiek inspirer vandag nog miljoene mense; James Clerk Maxwell se geloof in die geordenheid van die skepping het tot sleutel ontdekkings in die wetenskap gelei; Samuel Morse se patente het ontwikkel om die lewens van baie mense te red; George Washington Carver kon ‘n lewe van welvarendheid en beroemdheid lei, maar hy het verkies om die Here te volg; John Bunyan was in die trunk, maar het ‘n boek geskryf wat tot vandag toe nog spreek.

 

Howat, Irene – 10 Seuns wat ‘n verskil gemaak het

ISBN: 978-0-958475-23-7

A5, 88p. R65

Dit is wat hierdie tien seuns gedoen het toe hulle grootgeword het – maar die kerk moes eers verander word. Hoe het die Here hulle verander? Augustinus het die liefde van God ontdek, en ‘n verskil gemaak in hoe ons daaroor dink; Knox het op die Woord van God gefokus, en aan sy land die waarheid vertel; Luther het God se waarheid herontdek en dit aan die gewone mense gegee; Calvyn het besef dat verlossing ‘n gawe van God is, en nie ‘n belonging vir wat hy gedoen het nie; Tyndale het verlang daarna om die Bybel te druk in ‘n taal wat almal kon verstaan; Latimer het mense aangemoedig om self die Bybel te lees en op dié manier baie vyande gemaak; Hus het verkondig dat God die kerk en die wêreld regeer; Zwingli het mense uitgedaag om die Here te gehoorsaam op elke terrain van hulle lewe; Chalmers het die kerk opgeroep om die Here se medelye met armes uit te lewe en Shaftesbury het by die kerk aangedring om die Here Jesus se liefde vir alle mense ‘n werklikheid te maak.

 

Howat, Irene – 10 Seuns wat die wêreld verander het

ISBN: 978-0-958475-21-0

A5, 79p. R65

Sal jy daarvan hou om die wêreld te verander? Hierdie tien seuns het! Vind uit hoe Eric die wedloop gewen het en die Here geëer het; David het ‘n ontdekkingsreisiger geword en die Bybel verduidelik; Adorinam was in die trunk en het die Here geprys; Nicky het by bedes aangesluit en toe by die kerk; Luis is deur die Here verander en het ander verander; William het die Bybel vertaal en God’s Woord aan Indië gegee; George het weeskinders gered en is vertroud met miljoene Rande; Andrew het Bybels na Rusland gesmokkel en het hoop vir duisende mense gebring; John het slawe aangekeer, maar die Here het hom ook gebruik vir hulle vrylating; Billy het gepreek en die Here het hom gebruik om mense oor die hele aarde heen te verander.

 

Howat, Irene – Die kinders se held: George Müller

ISBN: 978-1-919754-92-5

A5, 94p. R65

As jy in 1850 in Bristol ‘n weeskind was, was die lewe hard maar as jy plek gekry het in Ashley Down, een van George Müller se Kinderhuise, het die toekoms weer gewink. By Ashley Down is daar waarlik na jou omgesien. Dit was soos om in ‘n groot, gelukkige liefdevolle gesin te wees. George Müller was so ‘n vriendelike man, en Ashley Down was ‘n besondere plek om te wees. Maar… toe George Müller jonk was, was hy selfsugtig en niemand kon op hom reken nie. Sou jy iemand vertrou wat nie alleen sy vriene se geld gesteel het nie, maar ook sy ouers s’n? Wat het dan die groot verandering gebring? Het die tyd in die tronk hom daartoe gebring om nie meer te steel nie? Was dit die tragiese dood van sy ma wat gekeer het dat hy weer leuens vertel? Wat is dit wat ‘n dief verander het in iemand wat jy kon vertrou met miljoene Rande? Hoe het dit gekom dat hy sy geboorteland, Duitsland, verlaat het om in Engeland te gaan woon? Vind uit hoe die Here een jong man se lewe merkwaardig verander het van selfsug en inhaligheid, tot dapper en betroubaar; hoe sy hart verlos is van selfgerigtheid. George het die kinders van sy nuwe huis in sy hart opgeneem en die kinders van Bristol het in hom iemand gevind wat sou opkom vir hulle belange. Hulle het hom vertrou en liefgehad. George was die kinders se held.

 

Howat, Irene – Die Tswanas se weldoener: Robert Moffat

ISBN: 978-1-928349-03-1

A5, 119p. R65

Robert Moffat was ‘n helder denker, maar ook vaardig met sy hande. Hy was sterk, prakties van aard en net die regte ou om naby te hê as jy in die moeilikheid was. Daarbenewens was hy dapper en sy hart het gebrand om die nuus van die Here Jesus aan die mense van Afrika te bring. Te midde van die probleme met droogte, wilde diere en selfs die assegaaie van die mense wat hy wou help, het hy sy besondere geaardheid en gawes gebruik om die evangelie te versprei. Met ‘n dapper hart was hy ‘n baanbreker om ‘n werk in Afrika te begin wat vandag nog voortgaan. Hy en sy vrou het die weg geopen vir Davind Livingstone om Afrika toe te kom. By vergaderings in Brittanje het hulle hom met die toestande in daardie kontinent bekend gestel. David is later met hulle dogter, Mary, getroud.

 

Howat, Irene – Gevaar in die strate van goud: Adoniram Judson

ISBN: 978-0-981413-30-3

A5, 93p. R65

Burma was ‘n land van misterie en avontuur – ook ‘n land van armoede, swaarkry en gevaar. Adoniram Judson was ‘n jong man met baie potensiaal, vasberade onafhanklikheid en ‘n Amerikaner… hy het planne gehad, groot planne maar Burma was hoegenaamd nie deel daarvan nie. Die lewe was goed vir Judson. Hy was slim, afkomstig van ‘n goeie familie en sy opvoeding was uitstekend, maar sy kop het net in een rigting gestaan: om ryk en beroemd te word. Selfs nadat Adoniram sy geloof in God opgesê het, het die Here hom nie verlaat nie. Toe Judson planne gehad het om ver van sy liefdevolle gesin af weg te gaan, het die Here planne gehad om hom terug te bring huis toe en hom na die ander kant van die wêreld toe te stuur – na Burma toe. Hoe het Adoniram Judson dan Amerika se eerste oorseese sendeling geword, en hoe het hy ontsnap uit die hande van gevaarlike seerowers? Jy sal in hierdie boek van sulke en ander opwindende avonture kan lees. Jy sal nie net lees van avonture, romanse en intrigue nie… jy sal ook ontdek hoe moeilik ‘n sendeling se lewe kan wees en hoe die Strate van Goud ook ‘n geheim verberg – ;n geheim van vrees en gevaar.

 

Howat, Irene – Kaptein van ‘n slaweskip: John Newton

ISBN: 978-1-920290-88-7

A5, 120p. R65

John het gestaan en kyk hoe van die grootste golwe wat hy nog ooit gesien het, teen die skip gebreek het. Daar was skaars ‘n tree tussen die lewe van die jong kaptein van die slaweskip en die dood en hy het dit wel deeglik besef. Maar sy paniek en vrees het hom net aan homself laat dink; nie ‘n enkele gedagte aan die honderde mans, vroue en kinders wat in die buik van die skip vasgeketting was nie. Maar die Here het nog steeds sy gebede gehoor asook dié van die mense wat in hulle smart gepleit het om genade en regverdigheid. Dieselfde man wat hulle as slawe verkoop het, sou kort voor lank dié een wees wat vir hulle vrylating sou veg. John Newton was een van die slawehandelaars wat die ergste onreg teen die mense van Afrika gepleeg het; hy het die oseane deurkruis om geld uit hulle ellende te maak maar uitendelik is sy eie lewe verander en hulle s’n ook.

 

Howat, Irene – Lig in Lisuland: Isobel Kuhn

ISBN: 978-1-920290-58-0

A5, 98p. R65

Het jy ook soms vrae, twyfel of onsekerhede? Twyfel jy selfs of die Here werklik bestaan? Isobel Kuhn het. As ‘n jong student het sy  baie vrae en twyfel gehad. Sy het selfs besluit om op te hou Bybel lees. Isobel was so verward dat sy besluit het dit was nie meer die moeite werd om te lewe nie. Al wat sy kon doen, was om te pleit om hulp by God wat sy nie eers seker was, bestaan het nie. “Here,” het sy gefluister, “as daar ‘n Here is, as U vir my bewys dat U werklik bestaan, en as U vir my vrede gee, sal ek my hele lewe vir U gee. Ek sal enige iets doen wat U van my vra, gaan waarheen U my stuur en U my lewe lank gehoorsaam.” Dit was die keerpunt, en van toe af het Isobel se lewe verander – van ‘n lewe van vertwyfeling, na een van vertroue op God. En die Here het aan haar ‘n ware passie vir die lewe gegee. Hierdie passie het haar selfs na ‘n ander kontinent geneem – na Asië toe en na die Lisu mense toe. Dit was Isobel se hoop en begeerte dat hierdie mense die lewe en die liefde sou ontdek wat sy in die Here Jesus ontdek het.


Keddie, John – Die wedloop: Eric Liddell

ISBN: 978-1-920527-47-1

A5, 103p. R65

As ‘n klein seuntjie het Eric Liddell in die eksotiese klimaat van China grootgeword. Sy ouers het as sendelinge daar gewerk en die goeie nuus van Jesus verkondig. Vandaar is Eric kosskool toe in Engeland, het by Edinburgh Universiteit gestudeer en het hy uitendelik aan die Paryse Olimpiese Spele deelgeneem. Saam met faam het die stryd gekom om as Christen uit te staan. Eric se geloof dat die dag van die Here ‘n dag vir aanbidding is, is uitgedaag toe die 100 meter wedloop vir ‘n Sondag geskeduleer is. Eric se vaste standpunt en sy pragvertoning in die 400 meter, het hom ‘n held en ‘n rolmodel vir talle jong manne en vroue gemaak. Maar sy lewe was baie meer as net om deur ‘n lint by die wenpaal te breek – sy hele lewe was ‘n wedloop vir die Here. Hierdie wedloop het hom teruggeneem China toe. Dit was die land waar hy gebore is, maar waar hy ook sy lewe in ‘n Krygsgevangenekamp afgelê het. Die man wat liefdevol as die “Vlieënde Skot” bekend was, is uiteindelik duisende kilometers van sy tuisland en sy atletiese prestasies af oorlede.


Mackenzie, Catherine –  ‘n Vlam in die hare: Mary Slessor

ISBN: 978-1-920290-38-2

A5, 118p. R65

Mary Slessor het ‘n vurige humeur en vlamrooi hare gehad. Sy het grootgeword in die agterbuurtes van Dundee. Haar pa was ‘n alkoholis en haar lewe was een van swaarkry en armoede. Maar die Here het reeds ‘n plan gehad vir haar, om die kopbeenjagters van Calabar te bereik. Hulle was uiters bygelowig, en het in vuilheid en geweld gelewe. So, sonder dat sy dit besef het, het Mary ‘n groot deel van haar lewe deurgebring in die oefenskool vir sending – en dit in die agterbuurtes van Dundee in die 1800’s. Baie sendelinge wat Calabar toe is, het weer teruggekeer huis toe – om nooit weer gesien te word nie. Maar Mary Slessor het ‘n weg gebaan na juis daardie stamme, waarheen ander sendelinge gevrees het om te gaan. Sy was dapper, impulsief en het nie teruggedeins om te waag nie, en haar humeur was alombekend. Daar word gesê dat selfs hoofmanne lig geloop het as haar oë geflits het. As jy ooit gewonder het oor wat jy kan doen, lees hierdie boek en besef dit gaan nie oor wat jy kan doen nie, maar oor wat die Here deur jou kan doen… en Hy kan enige iets doen.

 

Mackenzie, Catherine – Die begin van ‘n avontuur: Hudson Taylor

ISBN: 978-1-928202-28-8

A5, 118p. R65

Hudson Taylor en sy sussies, Amelia en Louisa, was mal oor avonture. Hulle het saam wilde moerasgebiede, afgesonderde woude, droeë klipdyke en doringrige heinings verken. Maar ‘n mens bly nie vir altyd ‘n kind nie. Toe Hudson Taylor een-en-twintig jaar oud was, het hy sy tuiste en sy land verlaat om halfpad om die wêreld na China toe te reis. In hierdie biografie sal jy kan uitvind hoe sy gesin gevoel het, watter gevare hy moes trotseer en watter avonture hy belewe het en waarom hy in die eerste plek China toe is. Hudson Taylor het China toe gegaan omdat hy geweet het dat duisende mense elke dag daar gesterf het sonder dat hulle ooit van ‘n lewende en liefdevolle God gehoor het. Hy het besef dat hy die Here se opdrag om “die hele wêreld in te gaan en die evangelie te verkondig” (Markus 16:15), moes gehoorsaam. Ervaar hoedat Hudson se lewe deur ‘n ontsaglike storm bedreig was. Vind uit watter probleme hy in die gesig gestaar het toe hy besluit het om Chinese klere te dra, en belewe hoe sy sussies gewag het op briewe wat só lank geneem het om aan te kom. As jy ook graag ‘n avontuur of twee wil belewe, sit terug en laat die avontuur begin…

 

Mackenzie, Catherine – Die begin van hervorming: Martin Luther

ISBN: 978-1-928405-12-2

A5, 105p. R65

Martin Luther, wat in 1483 gebore is, was die begaafde oudste seun van ‘n myner. Sy ouers het geraap en geskraap om vir hom dít te gee wat hulle nooit gehad het nie: ‘n uitstekende geleerdheid, ‘n belowende loopbaan, ‘n toekoms… maar hulle planne was nie God se planne nie. Toe Martin op ‘n dag op pad terug was universiteit toe, het ‘n donderstorm dit alles verander. Die bedreiging van weerlig het hom paniekbevange gemaak en hom tot binne-in ‘n klooster gedryf. Hoe het hierdie verandering in die weer die koers van die wêreld verander? Hoe het dit die vuur in ‘n man se hart aan die brand gesteek – en uiteindelik die kerk van dwaling tot hoop verander? Lees die verhaal van Martin Luther om uit te vind.

 

Mackenzie, Catherine – Na die duisternis – lig: Johannes Calvyn

ISBN: 978-1-920290-45-0

A5, 101p. R65

Dit was soos ‘n kers wat in ‘n donkerk amer aangesteeek is… en na die duisternis was daar lig! Dit is hoe Johannes Calvyn gevoel het. Hy het grootgeword deur baie leuens te glo, maar nou het hy die waarheid leer ken. Daar is aan hom boeke gegee deur mense soos Martin Luther, en hy het gedebatteer met ander Hervormers, maar hulle kon nie daarin slaag om hom te oortuig dat die Gereformeerde leer Bybels is nie. Uiteindelik het die lig egter in sy hart en verstand deurgebreek en het die Here aan Johannes Calvyn die waarheid getoon. Dit was inderdaad hy wat die boodskap van die Hervorming aan die wêreld geleer het deur sy prediking en geskrifte.

 

 


Travis, Lucille – ‘n Stem soos ‘n basuin: George Whitefield

ISBN: 978-1-928-261-55-1

A5, 129p. R65

Baie professionele akteurs het begeer om so ‘n stem soos George Whitefield te hê. Hy kon die aandag van ‘n gehoor soos min ander boei. Maar hoewel hy as jong seun graag ‘n akteur wou word, was George se stem vir beter dinge beskore. Nadat hy die Here Jesus as sy persoonlike Verlosser leer ken het, het hy vir baie mense in die Verenigde Koninkry, Amerika en verder, begin preek. Dit word bereken dat by sy heengaan hy meer as 18,000 preke gelewer het en dat 80% van all Amerikanse burgers hom persoonlik gehoor het.

 

 

Travis, Lucille – Skoene vir jou: Paul Brand

ISBN: 978-1-928202-92-9

A5, 117p. R65

Paul Brand het in die Kolli Malaiberge in Indië grootgeword. Hy het in die takke van bome skoolgegaan, en van jaar tot jaar die lewe geniet en kaalvoet geloop. Hy was van plan om Indië nooit te verlaat nie, nooit skoene te dra nie en nooit ‘n dokter te word soos sy pa was nie – veral nie vir melaatses nie. Maar dit was nie lank voor hy Engeland toe is om daar skool te gaan nie, van die oggend tot die aand skoene gedra het en alles in sy vermoë gedoen het om nie medies te studeer nie. Jare het verbygegaan, jare van hartseer en uitdagings totdat Paul uitgevind het dat die God wat hy liefgehad en vertou het, die beste plan vir sy lewe gehad het. Paul is as ‘n dokter terug Indië toe, waar daar vir hom pasiënte gewag het – melaatse pasiënte. Van toe af het hy sy lewe daaraan toegewy om vir hulle om te gee, selfs tot by die punt van spesiale skoene vir hulle te maak! Paul Brand se werk het deur die wêreld heen ‘n groot invloed uitgeoefen op die genesing en behandeling van melaatsheid. Hierdie lewensvernietigende siekte het onder Paul se liefdevolle belangstelling behandelbaar en hanteerbaar geword. Dit sou nie langer nodig wees dat melaatses uitgeworpenes moes wees nie. Paul se geloof in die Here, sy liefde vir mense en sy mediese vaardighede het vir hulle wat aan melaatsheid gely het nuwe lewe – en hoop gebring.


Walsh, Kay – Redding vir die Suidsee eilande: John G. Paton

ISBN: 978-0-620393-48-5

A5, 112p. R65

“Hardloop, hardloop, ek moet wegkom,” hyg John terwyl hy ‘n pad deur die boskasie veg. Die bedompige hitte het gemaak dat sy wit hemp en sy broek aan sy vel vasgeklou het. Die groot inboorling wat in die teenoorgestelde rigting gehardloop het, was ‘n vriend, het hy gedink. Hy het sy lewe gewaag om die nuus na hulle huis toe te bring… en watter verskriklike nuus was dit nie! “Hulle is van plan om julle almal dood te maak! Julle moet dadelik padgee!” In die hitte en vogtigheid van die Suidsee Eiland, was John G. Paton ver van sy familie en tuiste, in die koue noordelike klimaat van Skotland. Terwyl hy vlug vir sy lewe, dink hy aan ‘n plan van redding… redding vir homself van die gevare om hom, en redding vir die duisende mense wat nog nie die Here Jesus en die liefde van God geken het nie.

 

Walsh, Kay – Reddingsaksie in die nag: Amy Carmichael

ISBN: 978-0-620393-47-8

A5, 98p. R65

“Ek kan niks sien nie! Alles is donker. Watse plek is dié? Waar is ek?”. Jeya was net vier jaartjies oud en was vreesbevange toe sy in die donker van die somber tempel probeer rondkyk. Tussen die pilare was ‘n reusagtige klipfiguur. Sy sidder toe sy die gesig sien. Dit, het sy geweet, was Kali, die godin van dood en vernietiging. Hoekom was Jeya hier? En wie sou hierdie klein dogtertjie so hier in die donker gelaat het? Verseker nie die God van liefde nie! Ja, God het ‘n vrou gestuur om hierdie kinders te red van vernietiging – Amy Carmichael. Sy was ook eens ‘n klein dogtertjie met lang donker hare en diep bruin ogies. Sy het toe vir die Here gesmeek om haar ogies blou te maak… maar Hy het nie. So, toe Amy afbuk om klein Jeya op te tele n haar te red van ‘n lewe van tempelslawerny, was sy baie bly dat die Here nie haar gebed beantwoord het nie. Blou oë was nie die oë van Indië nie – Amy se bruin oë was.


Watson, Jean – Die oorlosiemaker se dogter: Corrie ten Boom

ISBN: 978-1-920527-76-1

A5, 146p. R65

As jy van stories hou oor avontuur, moed en geloof – is hierdie een wat jy nie sal vergeet nie. Corrie het daarvan gehou om mense te help. Maar haar gelukkige lewe in Holland is verpletter toe sy na ‘n Nazi konsentrasiekamp toe gestuur is. Daar het sy ongelooflike swaarkry en straf belewe, maar gevind hoe die liefde van die Here haar in ondraaglike omstandighede deurgedra het.