Verster, Francois


Deur na Nebula Nege

ISBN: 978-9-868933-58-3

122×192, 396p. R180

Iewers in die nabye toekoms is die mensdom op laaste bene en daar is net een uitweg: die deurgang na ‘n ander dimensie. Generaal Attilorus se elite verkenners verdwyn een na die ander in hulle strewe om hierdie missie te voltooi.

Het die vernuftige Wilf Beaudin en sy beeldskone kameraad Leia Vestra daarin geslaag om die enigmatiese Professor Kitakilus op te spoor? En wie is die geheimsinnige Komistor? Wat gaan aan op die Drie Susters van Nebula Nege en wat is ‘n Grylik?

Deur na Nebula Nege is die verhaal van die mensdom, saamgevat in een veelvlakkige vertelling wat afspeel op verskillende planete in ‘n verre, verbeelde andersoortige dimensie, dog skrikwekkkend bekend.


Inversium

ISBN: 978-1-928327-71-4

122×192, 211p. R150

Inversium – die eienaardige planeet wat nie regtig ‘n planeet is nie, waar vreemde wesens woon, vreemder as wat op aarde voorkom, dog… hulle kom wel bekend voor. Ook vir hulle wat daar woon, is dinge verwarrend.

Wie is die Lig, en wie is die Heks? Wat wil Ariel die Slagter en sy kamerade in die Klowe van Gamadrok gaan maak? Wat is die sending waarop die RorKin-tweeling gestuur word? Al wat seker is, is dat daar ‘n agenda is – altans, beslis méér as een!

In hierdie sage is niemand te vertrou nie, en is niks seker nie, want ‘n horde monsteragtige kreature lê op loer. En nie almal is boorlinge van Inversium nie. Gelukkig is almal nie boos nie. Nie almal nie.