van Dijk, Gerrit


Ondulan

ISBN: 978-1-928372-25-7

B5, 744p. R220

Sowat 150 jaar ná die Wederkoms van Christus, open wetenskaplikes ‘n dimensionele poort na vóór Armageddon om DNS van uitgewisde  spesies te vekry, ‘n projek wat die nuwe Aarde in gevaar stel van ‘n toevloei van demone na die Duisendjarige Vredesryk. ‘n Ruimte-avontuur wat strek oor byna driehonderd jaar.

 

 

 

 


T!Nax’u

ISBN: 978-1-928372-24-0

B5, 546p. R220

In ‘n feitlik onverkende grot op ‘n afgeleë plaas in die noord-Kaap, ontdek ‘n groep geleerdes ‘n Boesmankraletjie van klei wat ‘n vlegsel hare bevat. Uit die staanspoor wek die hare agterdog, want so oud as wat dit blyk om te wees, lyk dit na Europese hare. Maar toe die kraletjie ‘n ongewone uitwerking op die skerm van ‘n skootrekenaar het, word dieper gegrawe. Nie alleen is ‘n komplekse nanosender in die kraletjie versteek nie, maar dui ‘n DNS-model dat die hare moet behoort aan iemand wat eers tweehonderd jaar later behoort te leef.