GrysKrag


Engel op my pad

ISBN: 978-1-928405-32-0

A5, 221p. R180

Die skrywer van hierdie keur van verhaaltjies en sketse is ouer mense, mans en vroue uit die breë gemeenskap, ervare skrywers asook mense wat vir die eerste keer hulle verhale vertel.

Hulle ondervindinge word soms humoristies, soms vertederend eerlik, soms tragies hartseer, soms waarderend oorgedra. Met verwondering en dankbaarheid vertel die skrywers hulle uiteenlopende verhale en leef die leser hulle lewens met hulle saam.

Hulle vertellings raak aan die aardse, maar ook aan die bonatuurlike, die onverklaarbare dieper dimensies van die menslike bestaan.

Elke leser sal die ryke verskeidenheid van ervarings met engele op die lewenspad geniet.