Small, Magda


‘n Engel se donker kant

ISBN: 978-1-928327-73-8

A5, 304p. R160

Ruben Schoeman se ouers stuur hom Kaap toe vir ‘n vakansie. Hulle glo hy is met die verkeerde meisie deurmekaar. Daar tel hy ‘n stukkende Engel, sonder verlede of geheue, op die hawe op. Hy maak haar heel en trou met haar. Totdat haar verlede deur ‘n televisie-program na hulle terugkeer en dreig om hulle gelukkige huwelik te verwoes. Hy begin twyfel, is sy Engel regtig ‘n moordenaar? Sal hulle lewe ooit weer normaal wees?

 

 

 


Godin van diamante

ISBN: 978-0-620534-62-8

A5, 258p. R160

Ruaan Minnaar, oud soldaat, van die spesiale magte, gaan kruip op sy plaas in die Laeveld weg.  Na sy jare diens in die weermag wil hy net daar bly soos ‘n kluisenaar, hy pla niemand nie en almal moet hom net uitlos.  Sy vriend Kobus het egter ander planne, Hy vra Ruaan se hulp met ‘n saak waaraan hy werk. ‘n Klomp meisies het verdwyn en Kobus vermoed hulle word uit die land gesmokkel. Wat word van hulle en waarvoor word hulle gebruik?

Gaan Ruaan hom help en waar pas die Madam met die rooi hare, in die prentjie?

 

 


Steel vir my ‘n dogter

ISBN: 978-0-987001-34-4

A5, 224p. R160

Tydens die Franse Revolusie sit Baron Jacques Rousseau sy twee dogters en kleindogter op ‘n skip na die Kaap de Goede Hoop. Die plan is dat hy en sy vrou hulle later sal volg. Hy het nog ‘n paar dinge om af te handel voor hulle kan gaan. Die dogters bereik egter nooit die Kaap van Storms nie. Dit word ‘n seevaart van moord, verraad, leuens, bedrog en oneindige hartseer.

Gaan die Baron sy dogters weer kry, gaan hulle die seevaart oorleef?