Smit, Nico


Super sluiper en die Kruger miljoene (boek 1)

ISBN: 978-1-928261-29-2

122×192, 118p. R120

SUPER SLUIPER is die verhaal van die 16 jarige Drian Smit, ‘n seun met ‘n donker geheim. Sy ouers het onlangs verhuis na ‘n eenvoudige plattelandse dorpie en hy sukkel om aan te pas by die skool en nuwe omstandighede. Sy vader is die stasiebevelvoerder van die plaaslike polisie.  Die leser ontmoet Drian waar hy die bullebak van die skool se uitdaging aanvaar om ‘n nag in die verlate museum deur te bring. Dit is in die hartjie van die winter en dit is nat en koud.  In die museum behoort hy veilig te wees.  So reken hy altans. Ongelukkig vir Drian is hy nie die enigste besoeker aan die antieke gebou nie.  In die tydsbestek van een nag ontdek Drian veel meer van die eenvoudige dorpie en homself.

 


Super sluiper en die swart dood (boek 2)

ISBN: 978-1-928261-30-8

122×192, 121p. R120

In SUPER SLUIPER EN DIE SWART DOOD word die avonture van die 16 jarige Drian Smit, voortgesit.   Met die pragtige Anja aan sy sy  wil Drian net rustig voortgaan met sy nuwe lewe op die plattelandse dorpie wat nou sy tuiste is. Sy donker geheim word goed bewaar deur sy nuwe ouers, wie toevallig ook in die plaaslike SAPD dien. Sy vader is die Stasiebevelvoerder.  Een aand, tydens ‘n besoek aan die polisiestasie, word hy en sy vader in ‘n stryd gewikkel teen tyd om die mensdom te red van algehele uitwissing.  In die bestek van een donker nag word Drian weereens gedompel in ‘n gevaarlike avontuur wat hom sy lewe mag kos.  In hierdie nag moet Drian alles in die stryd werp om te oorleef en die wie hy liefhet te red.