van Staden, Willem


Skarlaken

ISBN: 978-1-928405-47-4

A5, 203p. R250

Die toenemende hoë smokkelhandel in dwelms, veral na en van Suid-Afrika, het INTERPOL genoop om druk toe te pas op die SA-Regering om met hul saam te werk om dit te bekamp. Selfs die Hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Intelligensie Agentskap se vrou word aangekeer en gevonnis vir dwelmhandel.

Ten einde daadwerklik op te tree, besluit die Suid-Afrikaanse President om ‘n geheime organisasie met uitgesoekte spanlede te skep om te help om die netwerke van die smokkelaars binne te sypel. ‘n Organisasie soortgelyk aan M16  van Brittanje.

Die ondergrondse organisasie en lede sal slegs aan hom, ‘n Minister en ‘n paar uitgelese Parlementslede bekend wees. Só word Skarlaken gebore – ‘n man met vele talente en gesigte. Sy opdrag is om geld rond te strooi om sy weg oop te koop na die binnekringe van dwelmsmouse. Skarlaken het Carte Blanché en bewys hom as die regte keuse vir die taak.

Skarlaken word toegerus met alles wat nodig is om die smokkelaars vas te  vat; selfs ‘n lisensie om moord te pleeg. Met meer as een identiteit laat elkeen van sy aliases die poppe behoorlik Rock en Roll!

‘n Aksiebelaaide roman met baie kinkels wat haarfyn uitgewerk is; relevant vir die huidige dwelmsituasie in Suid-Afrika.