Botes, Willie


Kruispad

ISBN: 978-1-928349-38-9

A5, 289p. R200

‘Kruispad’ is ‘n spannings-roman wat geskryf is deur die nuwe opkomende skrywer Willie J. Botes. ‘Kruispad’ beloof om vir die leser ure se genot te verskaf tot aan die einde van die boek. Die leser gaan dit moeilik vind om hierdie boek neer te sit, want dit is vol intriges, raaisels, aksie en romanse.

Karel Bester woon die afgelope agt jaar alleen saam met sy hond Lientjie en getrou handlanger Johannes op die wildsplaas Lientjie Vlei. Agt jaar worstel hy met die feit dat Esme se stem nie meer hoorbaar is op die plaas nie.

Hy probeer sin maak wat op daardie tragiese dag in Julie gebeur het, wie verantwoordelik was en waarom dit gebeur het. Dan ontdek hy leidrade wat hom op verskeie kruispaaie laat beland. In die proses ontmoet hy Kate Bezuidenhout wat hom noodgedwonge bystaan in sy soeke na justice vir Esme se dood. Hy raak onwetend geheg aan Kate tot hulle paaie gevaarlike mense en uitdagings kruis en Kate spoorloos verdwyn. Karel roep die hulp van ‘n ou vriendin, Lizelle Joubert, in. Hulle aanvanklike onskuldige soektog na leidrade bring hulle by ‘n kruispad wat hulle lewens en die soektog total verander. Niks blyk dieselfde te wees nie en mense is nie wie hulle sê hulle is nie.


Gedagtestryd

ISBN: 978-1-928434-12-2

A5, 177p. R180

Karel Bester se soeke na Esme se moordenaars het op ‘n einde gekom. Sy kruispad is voltooi. Nuwe avonture wag  vir hom in die asemrowene natuurskoon van die Suid-Kaap. Karel droom somtyds van sy vorige liefde, Kate Bezuidenhout, waar sy iewers vasgevang staan in ‘n muwwerige bos. Is dit waar of is dit net ‘n droom? Hy sal alles in sy vermoë doen om haar te vind en te help. Om dit te doen sal hy weer sluimerende gevare moet trotseer. Skurke met nuwe tegnologie sal sy pad kruis wat nie net sy lewe nie, maar ook die van sy geliefde in doodsgevaar plaas. Na alles het Lizelle vir hom ‘n verrassing wat sy lewe vir altyd sal verander.