Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the divi-booster domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/groepcoz/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121
Stap 4 | Groep7 Drukkers

Stap 4 – Buiteblad Ontwerp

 

Die boekomslag bly baie belangrik aangesien dit bepalend kan wees of ʼn leser die boek gaan optel om verdere ondersoek in te stel, al dan nie.

Groep 7 se grafiese kunstenaars gebruik Photoshop of CorelDraw en het die kennis en ondervinding om jou droomomslag die lig te laat sien! Die kostes verbonde wissel tussen R600 en R950 en word bepaal deur inligting wat deur die skrywer voorsien word en tyd gespandeer. Vervolgens kan dit nodig wees om foto’s of grafiese prente met kopiereg aan te koop wat die skrywer toestemming gee om dit te mag gebruik (R250).

Jy is egter meer as welkom om jou eie omslag te ontwerp en die dokument in druk kwaliteit PDF (portable document format) aan ons te voorsien sonder enige uitlegkoste daaraan verbonde.

Maak asb. seker dat jy kopiereg op foto’s, clipart ens. het.

Die volgende kan as riglyne dien:

  • Die voorkant, rugkant en agterblad word as ʼn geheel ontwerp.
  • Die grootte vir ʼn A5 boek is dubbel A5 (dus A4 landscape) plus rugkant plus 3 mm ‘bleed’ (bv. ʼn A5 boek met 100 bladsye is die rugkant 6 mm, en sal die finale ontwerp 216 mm by 309 mm wees).
  • Die grootte vir ʼn A4 boek is dubbel A4 (dus A3 landscape) plus rugkant, plus 3 mm ‘bleed’ ( ʼn A4 boek met 200 bl is die rugkant 12 mm en sal die finale ontwerp 303 mm by 438 mm wees).
  • Belangrike riglyn om dit visueel goed te laat vertoon, is om alle geskrewe dele en foto’s 15–20 mm vanaf alle kantlyne te plaas.
  • Ontwerp asb in CMYK oftewel “Cyan, Magenta, Yellow and Key Black.
  • Die boek word na bind, 3 mm op die 3 kante gesny.