2025

Missie, Waardes en Visie

Groep 7 Drukkers en Uitgewers bedien die SKRYWER

 

  • Ons bied aan enige skrywer die geleentheid om sy/haar boek self te publiseer en in vertroue te kan saamwerk om dit te bereik.
  • Die kopiereg van die boek setel in die skrywer se hande en alle dokumente bly die skrywer se eiendom.
  • Groep 7 stel nie boeke, handboeke, opleidingsmateriaal of enige inligting beskikbaar sonder die uitdruklike toestemming van skrywers nie.
  • Groep 7 se professionele span kan die volledige voorbereiding van die boek doen of adviseer en riglyne gee sodat skrywers dit self kan doen.
  • Kwaliteit boeke word koste-effektief gedruk op POD (Print on demand) basis wat beteken dat ‘n boek nooit uit druk is nie.
  • Verspreiding word gedoen volgens elke skrywer se vereistes.
  • Skrywers doen self bemarking van boeke.
  • Stoor van data vir herdruk.

Kontak ons gerus vir meer tegniese inligting en advies.

Die mense van Groep 7

In 1996 begin Jaco en Ilette Strydom, Groep 7 Drukkers as algemene drukkery. Op versoek van kliënte word algaande meer boeke gedruk en sedert 2008 is ontwikkeling gedoen om ʼn een-stop professionele diens te kan lewer vir die self-uitgewer.

  • Vandag word die voorbereiding en druk van kwaliteit boeke, handboeke en opleidingsmateriaal deur ʼn span opgeleide vrouens gedoen.
  • Netwerkstelsel met professionele programme is in plek, asook ʼn databasis vanaf 2002 vir herdruk van boeke.
  • Digitale drukkers en doelgerigte toerusting word gebruik vir die druk en bind van boeke op wêreldstandaard van POD (Print on demand).

Direksie en bestuur:

Administrasie:

Bladuitleg en E-boeke:

Buitebladontwerp:

Produksiebestuurder:

Produksiespan:

Onafhanklike taalkundiges:

Ilette and Liezl Strydom.

Mona Gouws

Liezl Strydom

Mariaan Joubert

Mona Gouws

Magda Duvenage, Nicolette Vosser, Linah Rapudi, Lara Strauss en Shaline Steyn.

SA Editors (www.editors.org.za)

Groep 7 Drukkers en Uitgewers setel in ʼn privaat maatskappy: Reg nr. 2017/066212/07, BTW Reg nr. 48 1013 9677, B-BBEE vlak 4 en belasting uitklaringsertifikaat op aanvraag.

Die stigter, Jaco Strydom

Jaco Strydom se legacy leef steeds voort in Groep 7. Sy liggaam is in 2008 met kanker (liposarkoom) gediagnoseer, maar hy het steeds voluit gelewe. In sy boek, 4 Beautiful Years, skryf hy uit dankbaarheid vir ʼn tweede kans, van sy bergfietstoere tussen behandelinge en operasies deur. Met sy deursettingsvermoë het hy sy droom in 2012 verwesenlik deur 6,400 km rondom SA te ry – met net sy fiets, ‘n tent en ‘n rugsak! Hy is in November 2013 terug na sy Hemelse Vader.

“To those who know him, Jaco Strydom’s name is synonymous with phenomenal courage and inspiration. Always a keen mountain biker, he has successfully completed races including two Absa Cape Epic with his friend “The Pom”. In June 2008 he successfully completed the gruelling Freedom Challenge Race Across South Africa. Up until September 2008 he had had a life that most people would class as near-perfect.

In 2008, this near-perfect life was shaken to the core when Jaco was diagnosed with cancer. 4 Beautiful Years, is the story of his life since that day. Instead of opting to lie down in despair, Jaco got up and has seized each day with a ferocity that leaves one speechless. Planning cycling expeditions between chemotherapy and radiation treatments, solo-circumnavigating Lesotho on his mountain bike, riding Cape to Beit Bridge, and then carrying on circumnavigating South Africa in 2012 …

This is the story of a true hero: a victim who has become the ultimate victor. It will dwell in your heart long after you put the book down, and will inspire you to overcome life’s challenges, one day at a time.”

Jani Verster – Fellow Mountain Biker

 

Skakels:

  • Facebook profiel
  • Kwela onderhoud (skakel ongelukkig nie tans beskikbaar nie)
  • Boek: 4 Beautiful years
  • Freedom Challenge 2008
  • Around Lesotho 2009
  • Around Lesotho 2010
  • Bundu Cycle Adventures
  • Beit Bridge to Pietermaritzburg

Kontak ons

 

Neem kennis: Epos of bel asb. vir 'n afspraak.

Tambotiweg 776, Kameeldrif-Oos
Roodeplaat, Pretoria

Aanwysings: Vanaf die N1, neem die Cullinan afrit, rigting na Cullinan (R513). Draai links op die R573 (KwaMahlanga/Moloto) en volg die pad vir 5 km. By “Mooipoort Golfbaan” bord, draai LINKS op die teerpad en hou reguit aan vir 3km op die grondpad. Groep 7 (wit bord) is links geleë.

 

©2019 Kopiereg Groep7 Drukkers