Stap 5 – Druk en Bind
Digitale drukkers het besonder goed ontwikkel in die afgelope paar jaar en daarom kan dit koste-effektief benut word vir 2 tot 1 000 boeke per bestelling. Die voorstel is wel dat boeke eerder deurlopend gedruk word soos nodig, selfs teen slegs 10 boeke per bestelling!
Ten minste een proefboek word gedruk en deur die outeur goedgekeur alvorens die bestelling uitgevoer word.
Groter bestellings (>1 000) word litografies gedruk wat beteken dat die eenheidskoste wel verminder, maar die totale kapitaaluitleg baie kan wees.
Buiteblad
Die buiteblad word volkleur of swart gedruk op 250 g/m² tot 300 g/m² geseëlde (coated) karton en glans/mat gelamineer ter beskerming.
Inhoud
Verskillende papier kan gebruik word en ons hou 80g wit bond en off-white Bookpaper in voorraad. Boeke kan óf in swart, óf in volkleur, óf in ʼn kombinasie van swart en volkleur gedruk word om kostes te bespaar indien elke bladsye nie volkleur is nie.
Indien ʼn kombinasie van swart- en kleurblaaie gedruk word, is dit belangrik dat daar reeds met die uitlegproses bepaal word watter foto’s in kleur gedruk moet word. Een blaai (voor- en agterkant) word of deur die kleurdrukker of deur die swartdrukker gedruk en daarna ingesorteer om die finale boek te vorm. Indien ʼn voorkant kleur en ʼn agterkant swart behels, word die blaai steeds deur die kleurdrukker gedruk en beide as kleur gefaktureer.
Bindmetodes
- Perfect bind (60-700 bladsye): Hierdie is die normale bindproses vir boeke en word met warm gom in die buiteblad gebind en vorm ʼn hoekige rugkant.
- Saalkram (8-60 bladsye): A4 boeke word op A3 gedruk, gevou en op die vou met 2 kramme aan die buiteblad vasgekram. Op dieselfde wyse word A5 boeke op A4 papier gedruk, gevou en gekram. Die voordeel is dat die boek plat lê wanneer dit oopvou.
- Draad ringbind (10-500 bladsye): Enige hoeveelheid bladsye kan so gebind word en die blaaie kan dus heeltemal omvou. Dit is ideaal vir opleidingsmateriaal en werkboeke.
- Hardebandboeke (60-700 bladsye): Die boek word onafhanklik gebind en gesny. Die hardeband word met die volkleur papier oorgetrek, waarna die boek in die omslag ingebind word. Die eenheidskoste, bykomend tot die normale drukkoste per boek, bly dieselfde ongeag die hoeveelheid boeke. Vir A5 boeke is dit R115 en A4 boeke R145 bykomend.
Drukkostes
Basiese spesifikasie met volkleur 300g buiteblad gelamineer en inhoud laser swart gedruk op 80g bond en Perfect Bind. ʼn Proefboek word gedruk en die outeur moet dit goedkeur voor ons die boeke begin druk.
Proefboek en eenheidspryse (voorbeeld):
- A5 boek met bv. 160 bladsye R53
- A4 boek met bv. 160 bladsye R87
Drukkostes vir bestellings na proefboek goedgekeur is:
- 2-48 boeke = eenheidsprys van proefboek
- Korting op:
-
- 50 boeke 5,0% 100 boeke 7,5%
- 250 boeke 12,5% 500 boeke 15,0%
- 750 boeke 17,5% 1,000 boeke 20,0%
-