Stap 6 – Verspreiding en E-boeke

 

Groep 7 kan verpakking, versending en die administrasie van bestellings namens skrywers hanteer op een van die onderstaande vier wyses. ʼn Ooreenkoms moet voltooi word vir elke boek.

Die voordeel is dat skrywers nie vooruit betaal vir enige boeke wat so bestel word nie en administrasiekoste word so laag as moontlik gehou om die geleentheid aan skrywers te gee om hul boeke teen mededingende pryse in die mark te plaas.

Rekonsiliasie van verkope word elke drie maande gedoen (Februarie, Mei, Augustus en November), die netto inkomste word bereken en betaal aan die outeurs.

 

  1. Skrywers verkope (gedrukte boeke)

Die skrywer voorsien name en adresse waarheen boeke versend moet word. Groep 7 druk en versend die boeke en faktureer die skrywer met druk- en koerierkoste.

 

  1. Webwerf Boekwinkel (gedrukte boeke)

Plasing op Groep 7 se boekwinkel webwerf, Groep 7 eWinkel teen ʼn eenmalige koste van R250 (BTW ingesluit).

  • Die skrywer bepaal verkoopprys.
  • Individuele kopers bestel en betaal boeke aanlyn.
  • Groep 7 druk en versend boeke.

Die berekening van die netto inkomste vir die skrywer is soos volg:

  • Verkoopprys min
      • 20% (15% BTW wat Groep 7 aan SARS betaal, en 5% vir Payfast koste (kredietkaart);
      • Drukkoste van boek.

 

  1. Boekwinkels (gedrukte boeke – voorwaardes geld)

Wanneer boekwinkels navraag doen om aankoop van skrywers se boeke, verloop die proses soos volg:

  • Skrywers bepaal die verkoopprys.
  • Groep 7 druk en versend boeke, faktureer boekwinkels en hanteer die administrasie daarvan.

Die berekening van die netto inkomste vir die skrywer is soos volg:

  • Verkoopprys min
      • 50% wat die boekwinkel neem;
      • 15% BTW wat Groep 7 aan SARS betaal;
      • drukkoste van boek.

 

  1. Elektroniese boeke (e-boeke)

Groep 7 kwoteer op elke individuele boek om dit gereed te kry vir publisering in e-boek formaat.

  • Die bladuitleg word in Indesign gedoen en daarna oorgeskakel na E-Pub.
  • Die ISBN word in die skrywer se naam geregistreer en al die nodige inligting op Kobo se webwerf (www.kobo.com) gelaai wat dit omskakel na ‘n sekure E-Boek.
  • Hierdie dokumente kan skrywers ook ter enige tyd gebruik om dit op enige ander platform te publiseer.
  • Die link word aan die skrywer gestuur en skrywers kan hul bemarking uitbrei vir wêreldwye verkope.
  • Die link word ook op Groep 7 se webwerfboekwinkel geplaas langs die skrywer se boek.
  • Die skrywer bepaal die verkoopprys en ontvang 50%.
  • Amazon.com – voorbereiding van dokumente sodat die skrywer self daar kan publiseer.