Stap 7 – Bemarking

 

Die self-uitgewer bemark self hul boeke en e-boeke, en verskeie skrywers het  reeds suksesvol die volgende metodes gebruik by:

  • Tersiêre instellings, skole en preprimêre skole waar die behoeftes reeds bestaan.
  • Kinderhuise of dergelike instellings met ʼn groot databasis.
  • Ooreenkomste met boekwinkels, Amazon en Kobo.
  • Bemarking via e-pos, Facebook en ander kommunikasie­kanale waar die doelmark reeds geïdentifiseer is.
  • Seminare en werkswinkels.
  • Skrywers-webwerwe.

 

Groep 7 kan die volgende doen ter ondersteuning, en kwotasies lewer op enige van die volgende:

  • Beskikbaarstelling (per ooreenkoms):
      • Groep 7 se aanlyn-boekwinkel;
      • E-boeke op Kobo
      • Boekwinkels (onderworpe aan voorwaardes). Groep 7 is ʼn geregistreerde verskaffer aan o.a. Exclusive Books, Bargain Books, Protea, PNA en ander boekwinkels (dit is hulle besluit om te bestel);
  • Skrywer se profiel op Groep 7 se webwerf;
  • Plakkate (gedrukte en elektroniese formaat) vir bv. boek­bekendstellings.
  • Amazon.com – voorbereiding van dokumente sodat die skrywer self daar kan publiseer.