Allers, Nico & Nelia


Jou brein is joune

ISBN: 978-1-928327-78-3

 

A5, 131p. R160

Die  navorsing en aanbevelings in hierdie boek, stel die leser in staat  om breinfiks te bly, demensie uit te stel en ‘n demper te plaas op breinveroudering. Eenvoudige, praktiese raad help  jou  om langer na jouself  om te sien en met ‘n helder verstand oud te word saam met hulle vir wie jy lief is.  Die groep lesers wat geteiken word is persone wat toenemend bewus daarvan word dat om kompeterend in die arbeidsmag te wees en die lewe ten volle te leef,  een van jou grootste bates ‘n goed funksionerende brein is.

 

Wat sê ander oor die boek:

  •       – Maklik leesbaar en baie relevant. Die mens leef al hoe langer, en daarmee saam neem demensie toe. Die meeste organe kan oorgeplant word, behalwe jou brein. Ons fokus almal op voorkoming van hartsiektes en kanker, maar die belangrikste orgaan, jou brein, word weens onkunde afgeskeep. Die outeurs van hierdie boek  se aanbevelings kan almal help om breingesond te bly. Dr. Pieter Coetzer, Hoof Mediese Adviseur: SANLAM
  •       – Ons lewe deesdae gemiddeld dertig jaar langer as ons voorouers van ‘n eeu gelede. Dit het egter ook ‘n nadeel: As ons nie betyds aanpassings maak aan ons lewensstyl nie, loop ons die gevaar om soveel jare langer deur te bring onder omstandighede waarvan ons sal sê “ons het daar geen vreugde in nie”. Elkeen se grootste vrees is seker dat ons op ons oudag ons verstand “sal verloor” deur dementia of Alzheimers. In JOU BREIN IS JOUNE gee Dr Nico Allers praktiese raad oor hoe om jou wonderlike brein te beskerm. Dit is beslis ‘n boek wat ek vir elkeen wil aanbeveel. Dr Piet Muller, Toekomskundige

Jou lyf is joune

ISBN: 978-1-928434-05-4

A5, 131p. R160

‘n Praktiese gids tot beter gesondheid.

Word jou gesondheid bedreig deur naderkruipende kroniese siektes (suikersiekte, hoë bloeddruk, ens) en is jou ‘gesondheidsverhaal’ ‘n sukkelende storie?  Met toenemende styging in mediese koste in Suid-Afrika, het selfsorg en die beheer neem van jou eie gesondheid ‘n noodsaaklikheid geword.

Wees die skrywer en regisseur van jou eie ‘gesondheidsverhaal’ en nie net ‘n speler daarin nie !

Die boek is saamgestel as ‘n praktiese handleiding om  jou te help om gesondheidsvraelyste, refleksie-oefeninge en metingstegnieke effektief te gebruik en die nuutste mediese navorsing en belangrike gesondheidsinligting te verstaan en toe te pas.

Jou lyf is joune.  Vertrou jouself daarmee !