Bekker, Antonet
Huwelik Bliss
ISBN: 978-1-928202-10-3
Is jou huwelik geblus?
Hoop jy vir meer bliss (geluk) in jou huwelik?
Wat is God se definisie van liefde en seks?
Glo jou tiener die wêreld se leuens oor seks voor die huwelik, seksualiteit en saambly?
Trou is nie perde koop nie, of is dit?
Word jou huwelik bedreig deur pornografie of ‘n affair?
Weet jy dat God se verlossingsplan ooreenstem met die huwelik?
Wat gaan verkeerd in vandag se huwelike en hoe maak mens dit reg?
Hierdie vrae, en nog meer, word in hierdie boek beantwoord deur middel van baie humor en stories. Dit het tyd geword dat ons die huwelik terug in seks sit, en seks terug in die huwelik.
Net God alleen kan blus doodkrap en bliss in die plek daarvan skryf.
Ek en Kerk
ISBN: 978-0-620676-95-3
A5, 109p. R100
Het jy al seergekry in ? kerk? As jou antwoord op hierdie vraag, “Nee” is, is jy een van die gelukkiges.
Hebreërs 10:25 sê dat ons nie van die kerk moet weg bly nie. Ons behoort mekaar eerder aan te moedig om soontoe te gaan. Maar wat as kerk juis die laaste plek is waar jy wil wees?
Ek het na baie leraars en lidmate se mooi kerkstories en rillers geluister. Al hierdie stories het saam die “ek en kerk” verhaal van Christen van Niekerk geword. Miskien kan jy ook met arme Christen identifiseer?
God het die pragtige gelykenis geïnspireer, waarin die kerk met ? lughawe vergelyk word. Vliegtuie en lidmate, Jesus en landingstroke, en God in die Beheertoring.
Hierdie boek sluit af met die hoofstuk “Ek en kerk” waarin God aan die Woord is. Hier vertel Hy ons wat Sy opinie oor die kerk is.
My gebed is dat elke leser gelaat sal word met meer liefde en vergifnis, vir mekaar en die kerk.
Van nuut tot nice
ISBN: 978-0-620484-55-8
A5, 196p. R120
Sjoe, gemeet aan die Bybel is jy darem maar baie onvolmaak, nè? Jy probeer so hard om die regte dinge toe doen en die regte pad te loop, net om weer die taxibestuurder te vloek en die hond te skop. Dan voel jy vir dae lank skuldig en dink God is kwaad vir jou. Dis heeltemal menslik om daarna weer vir die bedelaar by die verkeerslig ‘n geldjie te gee om jou gewete te sus.
Ek het goeie nuus vir jou: terwyl jy hier op aarde is, gaan jy nooit volmaak kan word nie. God is nooit teleurgesteld in jou nie, want Hy het nooit enige onrealistiese verwagtinge van jou nie.
Nadat jy ‘n keuse vir Jesus gemaak het (NUUT word), kan die Heilige Gees jou daagliks begin verander (NICE maak). Dis reg, hier op aarde kan jy net meer en meer nice word, maar jy sal eers in die hemel perfek word. Van Nuut tot Nice gee praktiese raad en bemoedig jou op hierdie pad van heiligmaking saam met God. In hierdie boek gaan ons Bybel toe en gaan soek die waarheid oor onderwerpe soos: wat is kerk, geloof, Christenskap, die Heilige Gees, genesing, liefde, die duiwel en nog vele meer.
Hierdie boek sal jou leer wat dit is om NICE (Net In Christus Effektief) te word. Geniet die rit!
Sonder brood is jy dood
ISBN: 978-1-928456-03-2
A5, 162p. R130
Is jy honger? Jesus is die brood wat lewe gee. Hy nooi jou uit om die lewe te ontdek in sy Woord. Maar dalk sukkel jy om Bybel te lees? Hierdie boek verduidelik op ‘n maklike manier waaroor die Bybel gaan. Dit maak jou weer lus vir Bybel lees. Eet weer die Brood wat lewe gee en “proe hoe goed die Here is” (1 Petr. 2:3 – NLV)