Bonthuyzen, Pieter


Noupoort

ISBN: 978-0-639916-62-0

A5, 194p. R250

Wanneer Angelique Muller wegloop na ‘n kinderlewe vol seerkry en pyn, bevind sy haarself ‘n paar jaar later vasgevang in ‘n leefstyl van dwelms en drank wat byna haar lewe eis. Kort voor lank was sy terug in Noupoort waar sy omring word deur hartsmense wat haar bystaan en haar lewe weer sin gee.

Angy staan skielik op ‘n kruispad waar sy haar pa moet vergewe.  Dit raak vir haar ‘n sielswroeging en so begin sy die reis deur haarself om tot op die punt van vergifnis te kom. Sy besef gou dat vergifnis net op een plek verkry kan word…. Anderkant die nou poort.

Haar beste vriend uit haar kinderdae maak onverwags sy verskyning. Pieter Truter het self gevlug om van die spoke in sy kop, en dalk ook sy hart, ontslae te raak.  Dié twee boesem-vriende het albei ‘n moeilike pad om te stap, om tot by die vars, windpomp-water van vergifnis uit te kom.


Sterligkinders

ISBN: 978-0-6399166-3-7

A5, 167p. R250

Tessa Nel is nie die standaard tienermeisie nie. Sy loop deur onder die verwoestende teistering van Mia Van Niekerk. Dit het haar daarheen gedryf om haarself in haar eie donker wêreld toe te sluit. ‘n Groepie weldoeners in die skool veg verbete om ‘n verskil te probeer maak in die lewens van ander kinders. Dit is juis Dirkie en sy spannetjie wat Tessa bystaan nadat sy in die hospitaal wakker word met skokkende nuus.  

‘n Onverwagse  besoek van Mia in die hospitaal het albei meisies met nuwe keuses gelaat. Om in die donker van hulle seer te bly leef, of om deur die mure van hulle vrese te breek?

Wat sou dit verg om te vergewe? Wat sou dit kos om ‘n nuwe begin te maak?

Tydens ‘n jeugkamp het hulle gou besef dat daar ‘n lig in elke mens skyn en dit te gebruik om ‘n verskil in ‘n donker wêreld kan maak…om Sterligkinders te wees. Dit is juis die donker spasies tussen-in, wat sterre meer sigbaar maak..


Lisa

ISBN: 978-0-639916-66-8

A5, 220p. R250

Om Lisa Viljee te wees verg baie meer as net opstaan, aantrek en asemhaal. As jy ooit gedink het dat die lewe eenvoudig en maklik is, dink weer.

Die tienjarige Lisa se lewe word in een oomblik verwoes. Kort voor lank bevind sy haarself in ‘n plek waar sy vinnig moet leer om vir haarself op te staan. Eindelose seerkry en verwoestende omstandighede, het Lisa se menswees geknak. Dit het haar laat twyfel in God se bestaan. Dit was nog altyd net Rykie wat daar vir haar was.

Na ‘n gewelddadige onderonsie met gewetenlose bendelede, moes sy vlug…terug Murraysburg toe waar sy groot geword het. Juis hier het sy besef dat God nog altyd daar was. Sy ontdek haar roeping.

Daar is wel een ding wat sy geleer het:

As die lewe jou probeer verwoes, is daar werklik net een keuse…om nooit moed op te gee nie.

Maak nie saak wat ookal gebeur…

“Veg vir wie jy is”