Cronjé, HJ


Sandspore van Genade

ISBN: 978-1-928499-71-8

A5, 235p. R160

Die Kalahari is ‘n storie wêreld wat maklik diep lêplek maak in jou hart. Veral as hierdie verhale en stories oor die Skepper van hemelgoed en stofaarde se volpens voorsiening en uitgestrekte genade gaan.

In ‘n dorsland van sand, son en klip het HJ en sy Mooiste Mooi kom woon om Jesus aan vergete en alleen mense voor te stel.

Sandspore van Genade vertel van hulle belewenisse.