Hansen, Friedel
Die Handdruk van die Dood
ISBN: 978-0-620585-15-6
A5, 313p. R260
Die onvertelde storie van Eugène Marais
Agter die vooraansig van ’n legende … Dertig jaar gelede het ’n terloopse opmerking in ’n radio-onderhoud vir omroeper, Friedel Hansen, ’n leidraad na die ware karakter van Eugène Nielen Marais – volksdigter, natuurwetenskaplike, wêreldburger – gegee.
Dié inligting het gelei tot meer vrae en dié weer tot meer feite. Dit was die begin van ’n driedekadelange intellektuele reis deur die kronkelende en soms duister doolhof agter die mites en legendes van die man wat vir die wêreld “Winternag” gegee het. Karakters waarvan ons skaars kennis geneem het, word mylpaalfigure in hierdie vertelling, veral die vroue, waarvan die grootste raaisel wentel om die beroemdste en uitspattigste skrywer van haar tyd.
“Die Handdruk van die Dood” plaas Eugène Marais waar hy hoort: as ’n eiesoortige produk van sy tyd en die wêreld waarin hy geleef het. Hierdie boek in ’n onbevange, eerlike en tog deernisvolle ondersoek na die ware aard van ’n onvolkome genie.