Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the divi-booster domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/groepcoz/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121
Griffiths, Miles | Groep7 Drukkers

Griffiths, Miles


Moord met Voorbedagte Rade

ISBN: 978-1-776220-55-7

A5, 299p. R230

Moord met Voorbedagte Rade vertel die verhaal van Gwyn Davies se soeke na die motief vir die moord op haar pa, GT Davies. Hy was die hoofsegsman vir maatskappye wat skaliegasontginning in die Karoo ondersoek. ’n Terreurbomaanval in Kenia eis die lewe van sy vrou, Marinda. GT oorleef die aanval, maar vier jaar later word hy in sy huis in Krugersdorp vermoor. Die SAPD glo dis gewone huisroof, maar Gwyn is oortuig dat daar meer agter die moord skuil. In haar ondersoek word ’n web van leuens ontbloot wat haar op die spoor van die werklike moordenaar plaas. Wanneer haar eie verdagte leefstyl onder die soeklig kom, word sy uitgedaag om haar hele lewe te verander.