Heslinga, Henk


Chimurenga: Rhodesiese Bosoorlog

ISBN: 987-0-620467-45-2

B5, 382p. R280

Op haar ouers se begrafnis raak dokter Hilda Wilson hopeloos verlief op Henk Martins, kaptein in die beroemde Scouts, ‘n elite eenheid en deel van die vegtende magte in Rhodesië. Hy was ‘n buurkind van die plaas langsaan en hulle het saam groot geword.

Kaptein Martins en sy eenheid volg die spore op van die groep terroriste, die Krokodille wat Hilda se ouers op hul plaas vermoor het. Hulle vind die terroriste basis en word totaal en al vernietig maar die bevelvoerder met die gevegsnaam Tiger oorleef die aanval.

Hilda besluit sy wil terugkom na haar geboorte plaas en rig ‘n kliniek daar op ter ere van haar ma. Sy verrig wondere onder die plaaslike inwoners en word deur hulle die Wit Engel genoem. Tiger kry opdrag om haar te ontvoer en sy word as gyselaar te voet na hulle hoofbasis in Tete geneem.

Dit is waar haar marteltog deur die bos, wind en weer begin en Henk en sy eenheid wat planne beraam om haar uit die kloue van die klomp terroriste te gaan ontset.


Omnibus: Verhale oor vervloë misdaad

ISBN: 978-1-928349-84-6

B5, 361p. R380

Verhale oor vervloë misdaad, maar anders as wat die koerante dit destyds uitgebasuin het. Rondom die werklike is ‘n fiksie verhaal opgedis. Die Kerkstraat bom en ontploffings by die Johannesburg Landdroshof en Johannesburg Spoorwegstasie en nog ander. Die gebeure agter die skerms, wie die beplanners was, hoe is dit uitgevoer en wie was betrokke. Hulle latere lewe en hoe die lang arm van die gereg hulle agtervolg en telkemale toeslaan.

Hoe ‘n geheimsinnige Hid Squad van die destydse Veiligheidstak hulle vyande uit die samelewing verwyder. Moorde op die polisiebeamptes en ander geweldsmisdade en hoe lede van die destydse Brixton en Soweto Moord en Roof hulle agtervolg en uitwis.

Sabotasie en die gevolge daarvan asook die teregstelling van ‘n reeksmoordenaar aan die galg gaan die lesers prikkel tot aan die einde toe.

Die leser moet net die een ding heeltyd in gedagte hou, dis fiksie gebaseer op die werklike.


Die Muishond

ISBN: 978-1-928499-18-3

A5, 352p. R280

Bloedspoor van vergelding – ’n Moord & roof reeks

Tshihoho die Muishond is ’n slu en gemene kalant, net soos sy naam beweer. Hy is vreesloos en wreed, en sy haat stu soos ’n vulkaan vir die mense wat hom 12 jaar in die tronk laat beland het. Hy gaan hulle opspoor en laat betaal – hulle gaan roggel in hulle eie bloed! Sy venynigheid laat jou na jou asem snak.

Majoor Jaap le Roux, bevelvoerder van die Moord en Roof Eenheid op Pietersburg is bekend vir sy vernuf om die mees geslepe misdadigers op te spoor. Maar kan hy uitvind hoekom en waar hierdie gewetenlose moordenaar volgende gaan toeslaan?

Gaan die Muishond een stap voor bly en wegkom met sy veldtog van moord, of gaan Jaap en sy span hom uiteindelik inhaal en laat betaal?


Bloedwolf

ISBN: 978-1-928434-70-2

A5, 410p. R280

Die windverwaaide Wes-Transvaalse dorpie Swartruggens word geruk deur ʼn afgryslike wrede moord van ʼn swart prostituut agter in die skrootwerf van die spoorwegstasie. Haar naakte liggaam is tussen ʼn stapel ou dwarslêers gevind met haar keel wat van oor tot oor oopgesny is. Speurder adjudant-offisier Klein Daan Steenkamp van die Rustenburgse Speurtak word deur sy distrikspeuroffisier gestuur om te gaan kyk wat aangaan. Die moord skok hom en wat hy op die toneel waarneem maak ʼn blywende indruk op hom.

Jare later is Klein Daan Steenkamp ʼn offisier by Brixton Moord en Roof eenheid en word hy deur die nasionale speurhoof getaak om ʼn reeks moorde van swart straat prostitute te ondersoek. Gou kom hy agter dat al die moorde se modus operandi ooreenstem met die moordsaak wat hy destyds in Swartruggens bygewoon het.

Soos sy ondersoek vorm aanneem stel hy vas dat die moordenaar vermoedelik sy stiefbroer Storm Steenkamp kan wees. Hy was destyds toe die moord gepleeg is, ʼn portier werksaam op Swartruggens se spoorwegstasie.

Storm Steenkamp is egter ʼn baie geslepe reeksmoordenaar en beplan sy moorde baie sorgvuldig. Hy verdoesel sy spore baie deeglik, maar op elke liggaam laat hy sy merk doelbewus agter.

Van Durban tot in die Wes Rand word hy gesoek, maar kan elke keer die Taakspan van majoor Klein Daan Steenkamp ontglip.

Tot eendag …