Meyer, Elza


Openbarings uit Openbaring

ISBN: 978-1-77626-145-1

A5, 216p. R280

Kleure wat jy nog nooit gesien het nie, klanke waarvan jy maar net kan droom en lig wat alle skadu verdryf, wag op jou in die hemelse dimensie. Heerlikheid wat jy nie kon bedink nie, woorde wat jy nie geken het nie en mense wie se teenwoordigheid jy nie verwag nie, gaan jou in die ewigheid verras. Liefde en lewe in gestalte gaan jou omhels en waarheid gaan jou denke oorspoel met ‘n krag wat jy nie geken het nie. Goue strate, pêrelpoorte en lewende water gaan jou verwelkom. En God! O God! Die Almagtige, die Leeu en die Lam en die sewe Geeste om die troon! Om God Drie-enig van aangesig tot aangesig te ontmoet en te kén – dít is waaroor die hemel gaan!

Ontdek saam met Elza Meyer die openbarings van Openbaring. Kom leer hoe om simbole te verstaan en getalle te ontsyfer. Die inhoud van hierdie boek is goed nagevors en getuig van ‘n diepgrondige studie. Jy sal herhaaldelik teruggaan om nóg ‘n keer te lees wat die openbarings van Openbaring aan jou wil onthul. Die inhoud van Openbaring bly relevant en bevat openbarings aangaande die hede, die verlede én die toekoms. Jy het nodig om hierdie boek te lees!