Tarzan Reeks
T1 Tarzan van die Ape
ISBN: 978-1-973987-45-1
274p. A5, R200
Diep in die hart van die Afrika oerwoud, word die baba Tarzan deur Kala, die wilde wyfie-aap van die trop van Kerchak aangeneem en grootgemaak. Hy leer die geheime van die wildernis om te oorleef — hoe om met diere te kommunikeer, deur die bome te swaai en om teen die grootste roofdiere te baklei. Sy menslike intelligensie lei hom uiteindelik na die koningskap van die trop. Hy word werklik koning van die oerwoud. Maar dan kom die mens sy oerwoud binne, en bring al die euwels van die beskawing, en saam met hulle kom die eerste wit vrou wat Tarzan nog ooit gesien het. Nou skielik moet Tarzan kies tussen twee wêrelde…
T2 Tarzan keer terug
ISBN: 978-1-974118-24-3
252p. A5, R200
Na ‘n kortstondige periode in die beskawing, keer Tarzan terug na die oerwoud in Afrika waar hy grootgeword het. Hier hoor hy vir die eerste keer van Opar, die stad van Goud, ‘n laaste oorblyfsel van die legendariese Atlantis. Dis ‘n stad van afskuwelike mans — en beeldskone, barbaarse vroue, regeer deur La, Hoë Priesteres van die Vlammende God. Sy altare is gevlek met die bloed van vele offers. Onbewus van die gevare, lei Tarzan ‘n groep barbaarse krygsmanne na die antieke kerkers en geheime van Opar…
T3 Tarzan en sy diere
ISBN: 978-1-974018-89-5
186p. A5, R200
Noudat hy die ryk Lord Greystoke is, word Tarzan die teiken van gierige en gevaarlike mense. Sy kind word ontvoer, sy vrou weggevoer, en Tarzan gestrand gelaat op ‘n afgeleë eiland, waar hy skynbaar magteloos is. Maar met die hulp van Sheeta, ‘n swart luiperd, en Akut, ? Groot Aap, ontsnap die Aapman. Saam met die reus Mugambi bereik hulle die vasteland, en sny die spoor van die ontvoerders. Tarzan is op soek na sy seun en sy vrou, en ‘n wraak wat slegs ‘n menslike dier van die oerwoud kan uitdink. Maar die manne wat Tarzan soek, het diep na die binneland gevlug, en die spoor is oud en dof…
T4 Tarzan se seun
ISBN: 978-1-973905-65-3
278p. A5, R200
Paulvitch het die oerwoud oorleef, en sweer wraak teen Tarzan. As deel van sy komplot, lok hy Tarzan se jong seun weg uit Londen. Maar die seun ontsnap, met die hulp van die groot aap Akut. Hulle vlug na die barbaarse Afrika-oerwoude waar Tarzan grootgemaak is. Hier moet die seun uit die beskawing ongediertes en gevare trotseer wat slegs sy vader nog ooit oorwin het. Maar hy groei mettertyd op as Korak, die Doder, amper net so magtig as Tarzan. Korak vind ’n vertroueling in Meriem, wat hy van ’n Arabiese sjeik gered het. Dan ontdek hy dat die gevare van die oerwoud nie kan vergelyking met dit wat mense inhou nie.
T5 Tarzan en die juwele van Opar
ISBN: 978-1-974403-22-6
194p. A5, R200
In die vergete stad Opar staan die bloedbevlekte altaar van die Vlammende God bokant skatkamers vol goud wat bestem was vir die fabelagtige, verlore Atlantis. Hier droom La, die beeldskone hoë-priesteres, steeds van Tarzan, wat reeds een keer haar dolk ontwyk het. Sy word steeds omring deur die afgryslike priesters, wat sweer dat Tarzan nie weer sal ontsnap nie, want Tarzan keer terug na Opar, en hierdie keer wag hulle vir hom…
T6 Tarzan avonture in die oerwoud
ISBN: 978-1-974583-51-5
199p. A5, R200
Die jong Tarzan is anders as die groot ape wat sy enigste metgeselle en speelmaats is. Hulle lewe is eenvoudig, en wreed, gevul met skaars meer as ’n stryd om oorlewing. Maar Tarzan het ’n normale seuntjie se begeerte om te leer. Hy leer homself moeisaam om te lees en te skryf uit boekies wat sy oorlede vader nagelaat het. Nou moet hy die boekkennis toepas op sy gevaarlike oerwoudlewe. Hy soek na dinge soos die bron van drome en na waar God hom bevind, en na die liefde en aandag wat elke mens nodig het. Maar hy is alleen in sy stryd om te groei en te verstaan. Die lewe in die oerwoud het geen ruimte vir denkers nie…
T7 Tarzan die ongetemde
ISBN: 978-1-976-027-17-8
301p. A5, R200
Wanneer die Groot Oorlog uitbreek, haas Tarzan hom met die spoed van die groot ape huiswaarts, maar hy is reeds te laat. Die plunderaars was voor hom daar. Sy plaas is verwoes, en niemand is lewend agtergelaat nie. Van sy geliefde Jane is slegs ’n verkoolde lyk oor. Stil, soos die dier in hom, begrawe hy haar en sweer wraak teen diegene wat hierdie verskriklike daad gepleeg het. Hy kry hulle spoor, deur ’n oorloggeteisterde gebied, oor ’n onherbergsame woestyn, wat niemand nog lewend kon oorsteek nie, en ’n vreemde vallei waar slegs waansinniges bly…
T8 Tarzan die Verskriklike
ISBN: 978-1-972764-29-9
281p. A5, R200
Luitenant Obergatz het vreesbevange gevlug voor die wraak van Tarzan van die Ape. Saam met hom het hy Tarzan se geliefde vrou, Jane, geneem. Nou is die aapman op hulle dowwe spoor, diep in ’n streek waar geen mens nog ooit was nie. Die spoor lei deur skynbaar ondeurdringbare moerasse na Pal-ul-don, ’n primitiewe land waar die primitiewe Waz-don en Ho-don baklei, met messe in hulle sterk sterte, en waar dinosourusse steeds oorleef sedert die ontstaan van tyd… en nog verder terug op die spoor, met ’n Lee Enfïeld oor die skouer, kom ’n vasberade, geheimsinnige vreemdeling…
T9 Tarzan en die goue leeu
ISBN: 978-1-981699-19-3
219p. A5, R200
Tarzan is verraai. Bedwelmd en hulpeloos word hy uitgelewer aan die priesters van Opar. La, die hoëpriesteres van die Vlammende God, red hom weer eens, aangevuur deur haar liefde vir die aapman. Maar sy word self deur haar eie mense verraai. Sy en Tarzan vlug na die legendariese vallei van Diamante, terwyl Jad-bal-ja, sy getroue goue leeu, hulle volg. Voor is ’n land waar barbaarse gorillas heers oor onderdanige mense. En agter hulle is daar Esteban Miranda, Tarzan se dubbelganger, besig met sy eie verraderlike planne.
T10 Tarzan en die miermense
ISBN: 978-1-983709-15-9
230p. A5, R200
Geen mens het nog ooit die Groot Doringwoud binnegegaan voordat Tarzan se vliegtuig daarin neergestort het tydens sy eerste solo-vlug nie. Binne dié woud lê ’n pragtige land. Maar hier woon die Alali, ’n vreemde steentydperk reuse-volk waarvan die vrouens alle mans beskou as minder as slawe. En dieper in die woud is die land van die Miermense, klein mensies skaars agtien duim hoog. In Trohanadalmakus is Tarzan ’n eregas, voordat die krygers van Veltopismakus hom gevange neem tydens ’n Miermense-oorlog. Hulle het hulle eie planne vir die Aapman. Tarzan word deur die wetenskaplikes van die klein mensies gekrimp, en moet as ’n slaaf werk.
T11 Tarzan koning van die oerwoud
ISBN: 978-1-983-962-08-0
230p. A5, R200
Wrede slawehandelaars het Tarzan se oerwoud binnegekom, op ’n plundertog na die legendariese stad Nimmr, wat geen vreemdeling nog ooit binnegedring het nie. Ook op pad na hierdie land strompel die Amerikaner James Blake, die man wat Tarzan onderneem het om te red. Op hulle spoor ontdek die Aapman die verlore Vallei van die Grafkelder, waar die ridders van die Heilige Graal steeds baklei om hulle kruistog te hervat om Jerusalem te bevry. Gou moet Tarzan, ‘n lord uit hulle ou moederland, gewapen met ‘n lans en ‘n skild, deelneem aan hulle antieke gevegte…
T12 Tarzan en die verlore ryk
ISBN: 978-1-984179-36-4
215p. A5, R200
Diep in die hart van Afrika het ’n man verdwyn — Erich I von Harben, die seun van ’n ou vriend van Tarzan van die Ape. Nou is die aapman op soek na hom. Die spoor lei deur ’n vreemde vallei waar Tarzan twee oorblyfsels van antieke Rome ontdek, onaangeraak deur tyd. Hier word Tarzan in die arena geforseer, waar die bloed die sand donker gevlek het oor tyd. Hy moet die wrede planne van die keiser van Castra Sanguinarius die hoof bied, wat alles in sy vermoë sal doen om te verseker dat Tarzan in die arena sterf. En kilometers verder, in Castrum Mare, wag Erich von Harben ook op sy lot in ’n arena van die dood.
T13 Tarzan in die hart van die aarde
ISBN: 978-1-974203-21-5
195p. A5, R200
David Innes is ’n gevangene in Pellucidar, die vreemde wêreld binne ’n ander wêreld, geleë onder die aarde se kors. Tarzan gaan hierdie wilde, prehistoriese land binne om hom te red, aan die hoof van ’n ekspedisie toegerus met alle moderne tegnologie. Maar Pellucidar is nie die oerwoud wat Tarzan ken nie. Hier is sabeltand-tiere en elke wilde gedierte sedert die ontstaan van tyd. Hier buig die horison terug en hang die son altyd stil in die middel van die lug. Tarzan is hopeloos verlore in ’n land met onbekende gevare om elke draai, waar tyd geen betekenis het nie.
T14 Tarzan die onoorwinlike
ISBN: 978-1-974208-09-8
181p. A5, R200
La is in die moeilikheid. Die hoë-priesteres van die Vlammende God in die antieke stad van Opar — vergete buitepos van Atlantis — is deur haar mense verraai en in die kerkers toegesluit, totdat Tarzan tot haar redding kom. La is steeds lief vir Tarzan, maar Tarzan bring haar tot by beskaafde mense, en verlaat haar dan. Nou, saam met ’n vreemde blanke meisie, lê La in die tent van ’n Arabiese slawehandelaar, in afwagting van haar lot. Intussen is Tarzan omsingel deur ’n vreemde groep manne wat sy land binnegekom het… onder leiding van die mal Peter Zveri, met sy droom van ’n Russiese Ryk, met homself op die troon, en sy beminde, Zora, as keiserin aan sy sy.
T15 Tarzan triomfeer
ISBN: 978-1-976318-64-1
221p. A5, R200
Wrede mans het die land van Tarzan van die Ape binnegekom, op ’n plunder- en moordtog. Geduldig agtervolg Tarzan hulle. Maar daar is nog ’n euwel in sy oerwoud. In ’n smal vallei van die Ghenzi-bergreeks, het die laaste oorblyfsels van ’n aaklige, perverse groep mense saamgetrek in wat hulle hulle geloof noem. Dit is ’n antieke geloof — een wat saam met hulle van Rome af gekom het. Hierdie groep, waarvan die meeste reeds kranksinnig is, het vir lady Barbara Collins gevange geneem en wil haar as ’n menslike offer gebruik, tensy Tarzan betyds opdaag!
T16 Tarzan en die stad van Goud
ISBN: 978-1-974249-03-9
206p. A5, R200
Wanneer Tarzan ‘n witman bevry wat deur barbare gemartel word, is hy verbaas om te hoor dat die vreemdeling van die legendariese Onthat afkomstig is, ‘n land waar twee antieke stede geleë is, onbekend aan die buitewêreld. Die een is Athne, die stad van ivoor, die ander Cathne, stad van goud, waar troppe opgeleide leeus gebruik word om mense te jag. Hier ontmoet Tarzan die beeldskone koningin Nemone, vasbeslote om Tarzan haar koning te maak… of aan Belhazar, haar troetelleeu, te voer!
T17 Tarzan en die leeuman
ISBN: 978-1-977703-84-2
203p. A5, R200
’n Groot safari het na Afrika gekom om ’n rolprent te maak. Hulle sukkel deur die veld en deur die oerwoud in groot vragmotors met al die moderne geriewe. Maar hulle word in hulle spore gestuit en amper uitgewis deur die gifpyle van die barbaarse Bansoeto stam. Daar is geen kans vir omdraai nie, en voor hulle lê die vreemde Vallei van Diamante, waar harige gorillas in hulle eie Londen op die Teemsrivier leef, onder die regering van hulle eie Hendrik die Agste. In hulle spore volg Tarzan, op soek na die man wat sy tweeling in voorkoms kon wees, maar beslis nie in dapperheid nie.
T18 Tarzan en die luiperdmanne
ISBN: 978-1-977971-15-9
183p. A5, R200
Die luiperdmanne met hulle staalkloue is op soek na slagoffers vir hulle barbaarse rituele. Die geheime kultus boesem vrees in by al die inboorlinge van die oerwoud. Slegs Orando van die Utengi het die moed om oorlog teen hulle te verklaar. En saam met hom Tarzan van die Ape, wat egter getoor word om te glo hy is Muzimo, die gees van Orando se voorvaders. Maar daar is verraaiers onder Orando se mense. En in die stad van die luiperdmanne vind Tarzan vir Kali Bwana, ‘n Blanke meisie wat na Afrika gekom het op soek na ‘n vermiste man. Slegs Tarzan kan haar red…
T19 Tarzan se soektog
ISBN: 978-1-978001-60-2
218p. A5, R200
Tarzan van die Ape het slegs gerugte gehoor van die Kavuru, ‘n vreemde ras van wit barbare. Maar wanneer hulle Muviro, hoof van die Waziri, se dogter ontvoer, volg Tarzan die spoor na hulle legendariese stad op ‘n reddingtog, of indien nodig, ‘n vergeldingstog. Sy soektog lei hom naby die spoor van ‘n vreemde groep oorlewendes van ‘n vliegtuigongeluk — insluitend sy geliefde Jane — vegtend om oorlewing teen die gevare van Afrika, en teen die veel erger euwel in hulle midde. Maar die noodlot stuur die gestrande Europeërs en die aapman na ‘n byeenkoms van bloed en vuur in die tempel van die Kavuru…
T20 Tarzan en die verbode stad
ISBN: 978-1-978368-25-5
215p. A5, R200
Tarzan het min omgegee vir die lot van die avonturier Brian Gregory, wat op soek was na die legendariese stad van Ashair op grond van gerugte van die Vader van Diamante, die wêreld se grootste edelsteen. Maar die aapman stem in om ekspedisie op soek na hom, georganiseer deur sy vader en suster, te lei op aandrang van sy goeie vriend Paul D’Arnot. Die enigmatiese Atan Thome is ook obsessief oor die diamant, en plaas agente in die Gregory kamp om te spioeneer en hulle planne te dwarsboom. Beide party bereik uiteindelik vir Ashair, maar as gevangenes van die priesters met hulle barbaarse rituele.
T21 Tarzan die magtige
ISBN: 978-1-974299-76-8
232p. A5, R200
Die sterwende Amerikaner het geyl oor ‘n onbekende stad met vroulike krygers regeer deur ‘n gevaarlike towenaar… van ‘n reuse diamant, die Gonfal, met vreemde hipnotiese kragte… van ‘n langverlore Engelse edelman… van die barbaarse koningin wat haar plig versaak en hom help ontsnap het. Tarzan het min van Stanley Wood se storie geglo, totdat hy gesien het hoe die krag van Gonfal hom teen sy wil teruglok na die kloue van die Amasones van Kaji. So word Tarzan weer die jagter, want hoewel hy niks omgee vir diamante of verlore beskawings nie, laat hy nie toe dat iemand seerkry wat hy onder sy beskerming geneem het nie…
T22 Tarzan en die vreemdelegioen
ISBN: 978-1-973684-22-0
244p. A5, R200
Toe die Amerikaanse bomwerper neerstort in die oerwoude van Soematra wat deur die vyand beheer word, moet die oorlewendes die gevare van ’n heeltemal onbekende wêreld trotseer, en die Britse kolonel wat as waarnemer saamgevlieg het, skyn hulle verder in gevaar te stel deur effens gek op te tree deur sy klere uit te trek, en sy vuurwapens weg te gooi. Maar vir John Clayton, Lord Greystoke, is wilde diere en gevaarlike vyande ’n bekende uitdaging wat hy amper verwelkom — as ’n kans om terug te keer na sy ware identiteit van Tarzan van die Ape. Hy vergader metgeselle van verskillende lande, en neem wraak op die Japannese, tydens ’n epiese trek oor die eiland na die kus en vryheid…
T23 Tarzan en die mal man
ISBN: 978-1-981340-55-2
197p. A5, R200
Die dromme dreun ’n ongelooflike boodskap van stam tot stam — Tarzan is nou die vyand van almal, want hy steel vrouens en kinders en maak slawe van hulle… selfs die dogter van ’n Engelse miljoenêr, wat ’n beloning aanbied vir haar terugbesorging en Tarzan se dood. Haar ontvoerder vertel haar dat hy Tarzan is… maar hy sê ook hy is God… Tarzan volg hulle spoor met net een doel voor oë — om die man wat sy naam gesteel en sy reputasie geskend het, te vernietig.
T24 Tarzan en die skipbreukelinge
ISBN: 9781985770317
217p. A5, R200
Ná ‘n skipbreuk op ‘n onbekende eiland in die Stille Oseaan moet Tarzan ‘n geselskap van verskillende nasionaliteite help om hulle uit die kloue van ‘n groep muiters te hou wat deur ‘n maniak aangevoer word. ‘n Verlore kolonie van die Majas, altyd op soek na menslike offerandes vir hulle barbaarse rituele, vererger sake. Maar die aapman het onverwagse bondgenote – saam met die skipbreukelinge het hy ‘n vrag wilde diere uit Afrika vrygelaat, wat vrees by die Majas en die muiters inboesem, maar hulle is ou vriende of bekende vyande van die man wat tussen hulle grootgeword het –Tarzan van die Ape.