Voorbeelde van kostes

Voorbereiding plus 50 boeke
  • Die skrywer is die uitgewer van die boek en die kopiereg en alle dokumente bly die eiendom van die outeur.
  • Skrywers het die keuse om hul eie voorbereiding van boeke te  doen en ons sal graag advies lewer.
  • Groep 7 bied egter ook al die professionele dienste aan teen ‘n baie bekostigbare tarief.
  • Die voorbereidingskoste word bepaal deur die aantal woorde en bladsye. Hier volg voorbeelde en uiteensetting van kostes.
  • Pryse sluit BTW in, maar koerierkostes uit.
  • Enige grootte boek met enige hoeveelheid bladsye kan gedruk (swart, volkleur of kombo) en gebind word – stuur gerus die spesifikasies.

Doelmark

Aangesien skrywers verskillende doelwitte het vir publikasies, bied ons die volgende omskrywing van 3 kategorieë:

Beperkte Kategorie (Privaat belang en eie opleidingsmateriaal)

  • Die taalkundige versorging, bladuitleg en buitebladontwerp kan self gedoen word – ons adviseer graag.
  • Boeke word deur Groep 7 se drukkersdepartement gedruk, slegs op bestelling van die skrywer.

 

Nismark Kategorie (Beperkte lesersmark)

  • Die taalkundige versorging, bladuitleg en/of buitebladontwerp mag gedoen word deur: (1) skrywer indien dit aan Groep 7 se standaarde voldoen; (2) professionele mense deur skrywer aangestel of (3) Groep 7 se professionele span.
  • Boeke word gedruk en versend wanneer skrywers vir eie verkope bestel, of volgens ooreenkoms wanneer dit op Groep 7 se aanlyn boekwinkel bestel word.

 

Premium Kategorie
Boekwinkels sal slegs boeke van self-uitgewers by Groep 7 bestel indien dit van hoogstaande standaard is en op die algemene lesersmark gerig is. Groep 7 se langtermyn visie is om hierdie mark te beskerm en uit te brei en dat lesers kan staat maak op kwaliteit boeke vanaf self-uitgewers. Boeke wat op hierdie lys beskikbaar gestel word, voldoen aan die volgende vereistes:

  • Die inhoud moet van só ʼn aard wees dat dit wel vir die algemene lesersmark geskik is en daardeur 50+ boeke verkoop is.
  • Professionele substantiewe taalkundige versorging, bladuitleg en buitebladontwerp word vereis.
  • Boeke op Groep 7 se aanlyn boekwinkel besklikbaar gestel is.
  • Boeke word op aanvraag deur Groep 7 se drukkersdepartement gedruk en versend aan skrywers vir eie verkope of volgens ooreenkoms aan boekwinkels en individue wat op Groep7 se aanlyn boekwinkel bestel.
  • E-boeke kan ook voorberei en gepubliseer word op www.kobo.com
l

1. Beperkte Kategorie (Privaat belang; eie opleidingsmateriaal)

Skrywe – Digbundel of boek in A5 met 160 bladsye

  1. Teksversorging – versorg self.
  2. Bladuitleg – skrywer voorsien drukgereed PDF

Lees verder

l

2. Nismark Kategorie (beperkte lesersmark)

Skrywe – boek bv. 40 000 woorde en A5 met 160 bladsye

  1. Evaluasie R350
  2. Teksvorsorging – keuse: (sien volledige inligting)

Lees verder

l

3. Premium Kategorie

Skrywe – boek bv. 40 000 woorde en A5 met 160 bladsye

  1. Evaluering R 350
  2. Taalkundige versorging:

Lees verder

Bogenoemde is slegs voorbeelde en met elk van die 7 stappe besluit die skrywer self watter voorbereiding deur wie gedoen word.

Die volgende omskryf die koste in meer detail:

Stap 2 – Teksversorging

Wees voorbereid dat hierdie stap heelwat tyd neem en kostes kan beïnvloed. Verdere waarde kan tot die boek gevoeg word om die taalversorging deur ʼn professionele taalkundige te laat doen.

Neem asb. die volgende in ag wanneer ‘n taalkundige gekontrakteer word.

Omvattende taalkundige versorging kan basies soos volg verduidelik word en die estimasie van hul fooie:

  • Substantiewe redigering (copy-editing): Die teksversorger (copy-editor) is gekwalifiseer om die taalnorme op die hele spektrum van taalgebruik van toepassing te maak. Dit behels basiese redigering sowel as: sintaksis, semantiek, pragmatika, skryfstyl, rekenkunde, posisies van tabelle en illustrasies, dubbelsinnigheid, teenstrydighede, verwysings, voetnotas en selfs regsprobleme soos laster en plagiaat. 
  • Teksredigering (proof-editing): is taalremediëring wat beteken die korrigering van sintaktiese foute, foutiewe leesteken gebruik, grammatika, taalgebruik en spelling.
  • Proeflees (proofreading): Nadat die bladuitleg gedoen is word die PDF dokument of die proefboek aan die proefleser (proofreader) gestuur om dit finaal te kontroleer vir enige taalkundige- of bladuitleg foute wat nie deur die teksversorgers opgetel is nie. Hierdie taak kan ook deur die skrywer self gedoen word.

Kontak Groep 7 gerus vir verwysing na kundiges of vind die regte persoon vir jou boek deur persoonlike verwysing van vriende of die internet, bv. www.editors.org.za vir redigering, substansiële taalkundige versorging, en vertaling of www.savryskutskrywer.co.za vir basiese redigering.

Belangrik – kopiereg: Wees ingelig aangaande die riglyne oor kopiereg en beleid vir die gebruik van Bybelaanhalings van Suid-Afrikaanse Bybels sowel as enige fotos, sketse en diagramme wat gebruik word.

ISBN: Registrasie en administrasie namens die skrywer – R200. Digbundels en boeke vir beperkte mark benodig nie ISBN nie. Om self aansoek te doen, epos versoek aan marietjie.debeer@nlsa.ac.za.

Die kundiges wat deel van Groep 7 se span is, hanteer dit soos volg:

  • Basiese evaluasie van die boek met ʼn verslag sodat skrywers ʼn ingeligte besluit kan neem oor taalkundige versorging –00.
  • Kwotasie word gegee volgens die aantal woorde en die omvang van die taalkundige versorging benodig. Die kostes per woord beloop ongeveer:
    • Substantiewe redigering (copy-editor) – 14c–22c p/w;
    • Teks redigering (proof-editing) – 10c–14c p/w;
    • Proeflees – 6c–10c p/w.

Stap 3 – Tipografiese Uitleg (Bladuitleg)

Groep 7 se span doen die uitleg van die boek in die wêreldbekende professionele program Adobe InDesign. Hierdie is ook die eerste stap na e-boeke wanneer die InDesign lêer omgeskakel word na E-Pub vanwaar die sekure e-boek gemaak kan word.

Die tipe drukproses wat gebruik gaan word, bepaal dan ook hoe die uitleg gedoen word. Riglyne van kostes vir bladuitleg in Adobe InDesign is:

  • A5 boeke – vanaf R9 tot R16 per bladsy.
  • A4 boeke – vanaf R12 tot R22 per bladsy.
  • Boeke met sketse, fotos & diagramme – vanaf R25 per  bladsy.
  • Regstellings na bladuitleg – R120 per uur.
  • Indien skrywers verkies om die dokument in MSWord te behou en self regstellings te maak, doen ons afronding vanaf R4.50 per bladsy.

Die kwotasie word voorsien wanneer die manuskrip ontvang is en twee fakture word gelewer vir betaling nadat 50% & 100% van die werk voltooi is.

Stap 4 – Buiteblad Ontwerp

Die boekomslag bly baie belangrik aangesien dit bepalend kan wees of ʼn leser die boek gaan optel om verdere ondersoek in te stel, al dan nie.

Groep 7 se grafiese kunstenaars gebruik Photoshop en het die kennis en ondervinding om jou droomomslag die lig te laat sien! Die kostes is R600 – R950 en word bepaal deur inligting wat deur die skrywer voorsien word en tyd gespandeer. Indien nie kopiereg op foto’s, clipart ens. het nie, kan dit aangekoop word.

Indien drukgereed PDF (portable document format) voorsien word vir inhoud en buiteblad, is daar geen kostes vir voorbereiding nie.

Die proefboek word gedruk en die skrywer bevestig korrektheid alvorens bestellings gedruk word.

Stap 5 – Druk en Bind

Digitale drukkers het besonder goed ontwikkel in die afgelope paar jaar en daarom kan dit koste-effektief benut word vir 2 tot 1 000 boeke per bestelling. Die voorstel is wel dat boeke eerder deurlopend gedruk word soos nodig, selfs teen 10 boeke per bestelling!
Ten minste een proefboek word gedruk en deur die outeur goedgekeur, alvorens die bestelling uitgevoer word.

Buiteblad
Die buiteblad word volkleur of swart gedruk op 250 g/m2 tot 300 g/m2 geseëlde (coated) karton en glans/mat gelamineer ter beskerming.

Inhoud
Verskillende papier kan gebruik word en ons hou 80g wit bond en off-white bookpaper in voorraad. Boeke kan óf in swart, óf in volkleur, óf in ʼn kombinasie van swart en volkleur gedruk word om kostes te bespaar indien elke bladsye nie volkleur is nie.

Bindmetodes

  • Perfect bind (60 – 700 bladsye): Hierdie is die normale bindproses vir boeke en word met warm gom in die buiteblad gebind en vorm ʼn hoekige rugkant.
  • Saalkram (8 – 60 bladsye): A4 boeke word op A3 gedruk, gevou en op die vou met 2 kramme aan die buiteblad vasgekram. Op dieselfde wyse word A5 boeke op A4 papier gedruk, gevou en gekram. Die voordeel is dat die boek plat lê wanneer dit oopvou.
  • Draad ringbind (10 – 500 bladsye): Enige hoeveelheid bladsye kan so gebind word en die blaaie kan dus heeltemal omvou. Dit is ideaal vir opleidingsmateriaal en werksboeke.
  • Hardebandboeke (60 – 700 bladsye): Die boek word onafhanklik gebind en gesny. Die hardeband word met die volkleur papier oorgetrek waarna die boek in die omslag ingebind word.

Stap 6 – Verspreiding en E-boeke

Groep 7 kan verpakking, versending en die administrasie van bestellings namens skrywers hanteer op een van die onderstaande vier wyses. ʼn Ooreenkoms moet voltooi word vir elke boek. Rekonsiliasie van verkope word elke drie maande gedoen (Februarie, Mei, Augustus en November), die netto inkomste word bereken en betaal aan outeurs.

1. Skrywers verkope (gedrukte boeke)

Die skrywer voorsien name en adresse waarheen boeke versend moet word. Groep 7 druk en versend die boeke en faktureer die skrywer met druk- en koerierkoste.

2. Webwerf Boekwinkel (gedrukte boeke)

Plasing op Groep 7 se boekwinkel webwerf (www.groep7-selfpublish-book.co.za) teen ʼn eenmalige koste van R250 (BTW ingesluit).

  • Skrywer bepaal verkoopprys en Groep 7 druk en versend boeke op bestelling.
    Die berekening van die netto inkomste vir die skrywer:
    Verkoopprys min (1) 20% (15% BTW wat Groep 7 aan SARS betaal, en 5% vir Payfast koste (kredietkaart)) en (2) Drukkoste van boek.

3. Boekwinkels (gedrukte boeke – voorwaardes geld)

  • Skrywers bepaal die verkoopprys en Groep 7 druk en versend boeke, faktureer boekwinkels en hanteer administrasie daarvan.
    Die berekening van die netto inkomste vir die skrywer:
    Verkoopprys min (1) 50% wat die boekwinkel neem (2) Inkomste vanaf boekwinkels min 15% BTW (3) drukkoste van boek.

4. Elektroniese boeke (e-boeke)
Groep 7 kwoteer op elke individuele boek om dit gereed te kry vir publisering in e-boek formaat.

  • Die skrywer bepaal die verkoopprys en ontvang 50%.

Stap 7 – Bemarking

Bemarking – Word deur die self-uitgewer gedoen. Groep 7 kan die volgende doen ter ondersteuning:

  • “Links” na skrywer se boek op Groep 7 se aanlyn-boekwinkel en www.kobo.com om in sosiale media te bemark.
  • Beskikbaarstelling aan boekwinkels (sien voorwaardes).
  • Plakkate vir boek bekendstellings.

Kontak ons

 

Neem kennis: Epos of bel asb. vir 'n afspraak.

Tambotiweg 776, Kameeldrif-Oos
Roodeplaat, Pretoria

Aanwysings: Vanaf die N1, neem die Cullinan afrit, rigting na Cullinan (R513). Draai links op die R573 (KwaMahlanga/Moloto) en volg die pad vir 5 km. By “Mooipoort Golfbaan” bord, draai LINKS op die teerpad en hou reguit aan vir 3km op die grondpad. Groep 7 (wit bord) is links geleë.

 

©2019 Kopiereg Groep7 Drukkers