Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the divi-booster domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/groepcoz/public_html/wp-includes/functions.php on line 6121
Self Publisering | Groep7 Drukkers

Self-publisering in 7 Stappe

In ons benadering om aan enige skrywer die geleentheid te bied om sy/haar boek self te publiseer, volg ons ‘n goed beplande 7-stap proses ten einde te verseker dat u as skrywer u doelwitte kan bereik.

Aan die regterkant sal u skakels vind wat gedurende hierdie proses ten opsigte van die 7 stappe toegepas word. Dit word hoogs aanbeveel dat voornemende skrywers die stappe in die proses bestudeer.

Skryf… ‘n storie om te geniet; die feite om te leer; die waarheid om te glo; gedagtes om te oordink; jou getuienis ter nalatenskap.

l

Stap 1: Skryf

Die boek is uit die aard van die saak die kern waaroor self-uitgewery gaan. Alhoewel sommige skrywers talente en gawes het, voeg dit waarde by die boek om die fynere kuns van skryf te verstaan en toe te pas. Verskeie kursusse en wenke is op die internet beskikbaar.

Lees verder

i

Stap 2: Teksversorging en/of Vertaling

Wees voorbereid dat hierdie stap heelwat tyd neem en kostes kan beïnvloed. Verdere waarde kan tot die boek gevoeg word om die taalversorging deur ʼn professionele taalkundige te laat doen.

Lees verder

h

Stap 3: Tipografiese Uitleg (Bladuitleg)

Groep 7 se span doen die uitleg van die boek in die wêreldbekende professionele program Adobe InDesign. Hierdie is ook die eerste stap na e-boeke wanneer die InDesign lêer omgeskakel word na E‑Pub vanwaar die sekure e-boek gemaak kan word.

Lees verder

h

STAP 4: BUITEBLAD ONTWERP

Die boekomslag bly baie belangrik aangesien dit bepalend kan wees of ʼn leser die boek gaan optel om verder ondersoek in te stel, al dan nie.

Lees verder

Stap 5: Druk en Bind

Digitale drukkers het besonder goed ontwikkel in die afgelope paar jaar en daarom kan dit koste-effektief benut word vir 1 tot 1 000 boeke per bestelling. Die voorstel is wel dat boeke eerder deurlopend gedruk word soos nodig, selfs teen slegs 10 boeke per bestelling!

Lees verder

Stap 6: Verspreiding en E-boeke

Groep 7 kan verpakking, versending en die administrasie van bestellings namens skrywers hanteer op een van die onderstaande vier wyses. ʼn Ooreenkoms moet voltooi word vir elke boek.

Lees verder

Stap 7: Bemarking

Die self-uitgewer bemark self hul boeke en e-boeke, en verskeie skrywers het reeds suksesvol die volgende metodes gebruik.

Lees verder

Kontak ons

 

Neem kennis: Epos of bel asb. vir 'n afspraak.

Tambotiweg 776, Kameeldrif-Oos
Roodeplaat, Pretoria

Aanwysings: Vanaf die N1, neem die Cullinan afrit, rigting na Cullinan (R513). Draai links op die R573 (KwaMahlanga/Moloto) en volg die pad vir 5 km. By “Mooipoort Golfbaan” bord, draai LINKS op die teerpad en hou reguit aan vir 3km op die grondpad. Groep 7 (wit bord) is links geleë.

 

©2019 Kopiereg Groep7 Drukkers