Skrywerswêreld
Skrywers betree ʼn nuwe wêreld met self-publisering van hul boeke. Welkom by Groep 7 Drukkers en Uitgewers wat hierdie opwindende reis vir jou makliker gaan maak.
Alle boeke kan self gepubliseer word. Die tipe boeke wat self-uitgewers al deur Groep 7 laat voorberei en druk het, sluit onder andere in:
- Waar ʼn leemte in die mark gevul word, bv. opleiding in kleuterskole, wiskunde, musiekinstrumente, lugvaartkunde, etiek, regte, gesondheid, ens.
- Suider-Afrika se geskiedenis, grensoorloë, weermag, polisie, omgewingsinligting, helde, opspraakwekkende gebeure, ens. waaroor skrywers besondere kennis het.
- Christelike lektuur wat ʼn wye verskeidenheid insluit.
- Besondere ervarings of ondervindings.
- Fiksie, romanse, fantasie, ens.
- Digbundels.
- Kinderboeke en inkleurboeke.
- Nalatenskap van families en individue sonder doel om wins te maak.
Tradisionele Uitgewers
Normaalweg is die eerste gedagte by skrywers om hul boek aan ʼn bekende uitgewer te gee om te publiseer.
Uitgewers doen marknavorsing oor watter tipe boeke lesers graag wil lees, wat dan bepaal watter boeke hul publiseer. Ongelukkig word slegs ʼn klein persentasie gekies uit al die manuskripte wat hulle ontvang.
Self-uitgewers
Indien jou boek nie die tradisionele roete kan volg nie, kan jy self-publiseer. Jy kan selfs van die begin af besluit om hierdie roete te volg, met die volgende voordele:
- Jy hoef niemand te oortuig dat jou boek gepubliseer behoort te word nie.
- Kopie- en verspreidingsregte bly in jou hande.
- Jy het inset in al 7 stappe van publisering.
- Boeke kan gedruk word binne enkele weke nadat dit geskryf en taalkundig versorg is.
Groep 7 het ʼn besondere konsep vir die voorbereiding en druk van kwaliteit boeke in plek gestel vir self-uitgewers wat dit koste-effektief maak sonder ʼn groot kapitaaluitleg. Die voordeel is ook dat alles onder een dak gedoen word en daarom kan ons die tyd en kwaliteit daarvan bestuur.
Die skrywer het die keuse om self van die voorbereidingswerk te doen, waarmee ons kan adviseer. Alternatief kan Groep 7 se personeel dit professioneel doen teen redelike koste.
Daarna kan die skrywer deurlopend boeke bestel soos nodig en selfs veranderinge of regstellings deurgee voor ʼn herdruk.
Die dienste wat ons aan skrywers bied, word gefaktureer en alle data en dokumente bly die skrywer se eiendom. Die skrywer mag dus ter enige tyd na ander drukkers/uitgewers/instansies gaan om boeke te druk of te versprei. Alle data word op ons databasis gehou vir regstellings of herdrukke, maar indien ons versoek word dat dit volledig verwyder word, word dit gedoen.
Die 7 Stappe van self-publisering is:
Stap 1: Skryf.
Stap 2: Taalkundige versorging en/of vertaling.
Stap 3: Bladuitleg.
Stap 4: Buitebladontwerp.
Stap 5: Druk en bind.
Stap 6: Verspreiding en E-boeke.
Stap 7: Bemarking.
Doelmark
Groep 7 Drukkers en Uitgewers (Pty) Ltd lewer ʼn omvattende kwaliteit diens aan skrywers wat self hul boeke wil publiseer. Ons professionele personeel lewer reeds 17 jaar die onderstaande dienste aan outeurs:
- Taalkundige versorging.
- Bladuitleg.
- Buitebladontwerp.
- Druk en bind (eie drukkery vir kwaliteit- en tydsbestuur).
- ISBN registrasie (onderworpe aan voorwaardes).
- Verkope deur Groep 7 se aanlyn boekwinkel.
- Beskikbaarstelling aan boekwinkels (sien voorwaardes).
- Versending per koerier.
- Verkope van e-boeke via Kobo.
- Stoor van data vir herdruk van boeke.
Aangesien skrywers verskillende doelwitte het vir publikasies, bied ons die volgende omskrywing van 3 kategorieë en die implikasie op kostes:
Beperkte Kategorie (Privaat belang en eie opleidingsmateriaal)
- Normaalweg sal enige manuskrip aanvaar word.
- Die taalkundige versorging, bladuitleg en buitebladontwerp kan self gedoen word – ons adviseer graag.
- Geen ISBN word toegeken nie en die titel word ook nie op Groep 7 se aanlyn webwerf geplaas nie.
- Boeke word op bestelling van die skrywer deur Groep 7 se eie drukkery gedruk en versend.
Nismark Kategorie (Beperkte lesersmark)
-
- Normaalweg sal enige manuskrip aanvaar word.
- Die taalkundige versorging, bladuitleg en/of buitebladontwerp mag:
- self (of deur kundige familie/vriende) gedoen word, indien dit aan Groep 7 se standaarde sal voldoen; of
- deur Groep 7 se professionele span gedoen word.
- Boeke ontvang nie noodwendig ʼn ISBN nie, maar kan steeds deur Groep 7 se aanlyn boekwinkel verkoop word.
- Boeke word op aanvraag deur Groep 7 se eie drukkery gedruk en versend wanneer skrywers vir eie verkope bestel, of individue wat dit aanlyn bestel.
- Amazon – voorbereiding van dokumente sodat die skrywer self kan publiseer.
Premium Kategorie
Boekwinkels sal slegs boeke van self-uitgewers by Groep 7 bestel indien dit van hoogstaande standaard is en op die algemene lesersmark gerig is. Groep 7 se langtermyn visie is om hierdie mark te beskerm en uit te brei en dat lesers kan staat maak op kwaliteit boeke vanaf self-uitgewers. Boeke sal ook slegs op hierdie lys beskikbaar gestel word indien daar aan die volgende vereiste voldoen word:
-
- Die inhoud moet van só ʼn aard wees dat dit wel vir die algemene lesersmark geskik is.
- Professionele taalkundige versorging, bladuitleg en buitebladontwerp word vereis.
- ʼn ISBN word vir elke titel geregistreer.
- Reeds meer as 15 boeke deur Groep 7 se aanlyn boekwinkel verkoop is.
- Boekwinkels besluit egter self watter titels hulle wil bestel.
- Die geselekteerde boeke word in ʼn spesiale afdeling op Groep 7 se webwerf gelys.
- Boeke word ook deur Groep 7 se aanlyn boekwinkel verkoop.
- Boeke word op aanvraag deur Groep 7 se eie drukkery gedruk en versend aan skrywers vir eie verkope, boekwinkels of vir individue wat aanlyn bestel.
- E-boeke kan ook voorberei en gepubliseer word.
- Amazon – voorbereiding van dokumente sodat die skrywer self kan publiseer.
7 Stappe van Self-publisering in ‘n neutedop
Groep 7 is behulpsaam met die voorbereiding en druk van koste-effektiewe en kwaliteit boeke vir die self-uitgewer. Die skrywer kan voorbereidingswerk self doen, of van die advies en professionele dienste van Groep 7 se span gebruik maak. Die kopiereg en alle dokumente bly die eiendom van die skrywer.
- Skryf – Die skrywer stuur die manuskrip in elektroniese formaat aan Groep 7 vir evaluasie en kwotasie van taalkundige versorging (R350, 5 werksdae).
- Teksversorging – Word deur professionele en gekwalifiseerde persone gedoen en is normaalweg die grootste koste van voorbereiding. (4-12 weke)
- Bladuitleg – Professioneel in InDesign vanaf R11,50 per bladsy, of basiese MS Word afronding vanaf R4,50 per bladsy. (1‑3 weke).
- Buiteblad – Professionele ontwerp vanaf R600 of ons kan adviseer en die kliënt kan ‘n press quality PDF voorsien. (1 week).
- Druk van boeke – Groep 7 se eie drukkery beteken kwaliteit boeke en effektiewe bestuur van bestellings. ʼn Proefboek word gedruk (3 werksdae) en goedgekeur deur die outeur voor ʼn bestelling uitgevoer word. Boeke word daarna op aanvraag gedruk. Boekbestellings: 2-1000. (3-10 werksdae).
- Verspreiding – Groep 7 doen verpakking, versending en administrasie van bestellings. (Sien ooreenkoms).
- Skrywer verkope (gedrukte boeke).
- Webwerf boekwinkel (gedrukte boeke).
- Boekwinkels (gedrukte boeke).
- E-boeke op Kobo.
- Amazon – voorbereiding van dokumente sodat die skrywer self kan publiseer.
- Bemarking – Word deur die self-uitgewer gedoen. Groep 7 kan die volgende doen ter ondersteuning:
- “Links” na skrywer se boek op Groep 7 se aanlyn boekwinkel en Kobo om in sosiale media te bemark.
- Beskikbaarstelling aan boekwinkels (sien voorwaardes).
- Plakkate vir boek bekendstellings.
Beleidsdokumente
Kontak ons
Neem kennis: Epos of bel asb. vir 'n afspraak.
Tambotiweg 776, Kameeldrif-Oos
Roodeplaat, Pretoria
Aanwysings: Vanaf die N1, neem die Cullinan afrit, rigting na Cullinan (R513). Draai links op die R573 (KwaMahlanga/Moloto) en volg die pad vir 5 km. By “Mooipoort Golfbaan” bord, draai LINKS op die teerpad en hou reguit aan vir 3km op die grondpad. Groep 7 (wit bord) is links geleë.
©2019 Kopiereg Groep7 Drukkers